Sulke "kunstenaars" begin gewoonlik 'n "loopbaan" na te veel fondue, rooiwyn en kaas aande wat opeindig in stomstreke met die vriende waar van die beterweterige gaste later vir mekaar die konstellasies in die sterrestelsel uitwys met lappieskomberse knus om hulle skouers. Hulle hou daarvan om veral ander politiek wat fokol met SA te doen het te bespreek, soos byvoorbeeld die kak wat in Egipte aan die gang is. Tien teen een omdat Jeavandre Von Holkapper al eenkeer 'n studente platsaktoer piramides toe gevat het as deel van sy "sabbatical". Of eenkeer acid ge-pop het by Stonehenge. Ja-nee, daai spreekwoordelike tropiese vrug wat die verkoelingsmeganisme geslaan het 5000 hondemyl van hier af is van kardinale belang. O ja, en moenie vergeet nie – die Himalayas huil ook nog boonop. Fokken dik krokkodiltrane. Sit dit in jou peace pipe, mix dit met madjat en double-clutch hom. Most probably 'n fokken Kaapstad hippie…
Hierdie comments wat iemand op die ou se video gelos het som dit nogal op:
"Ek voel baie bevoorreg dat 'n musiekster persoonlik sy aanhangers antwoord. Ek het seker die ding oor die veer gemis omdat die meeste van die lirieke in Chinees is. Ek hou ook baie van voëls en het 'n oom geken wat met kokketiele geboer het. My gunstelingvoël bly maar altyd Woolies-hoender. Dis altyd sappig en nie te duur nie. Miskien kan jy 'n liedjie skryf oor hoenders. Dan kan jy 'n hoenderkostuum aantrek en die video skiet in 'n hoenderhok. Dalk sal mense dan meer ingelig wees"
Watkykjy staan op 3,056,647 post views in totaal sedert 1 November, 2019.