Sex ed
“Ma, waar kom ek vandaan?"
Sy antwoord: "Liewe Jesus het jou gemaak en vir mamma en pappa gegee.”
Hy vra toe: "En waar kom mamma en pappa vandaan?" Sy antwoord: "Jesus het ons ook gemaak en vir ons mammas en pappas gegee. Hulle is jou oumas en oupas." "En Mamma, waar kom ouma en oupa vandaan?" vra hy.
Sy antwoord: "Liewe Jesus het hulle ook gemaak en hulle vir hulle mammas en pappas gegee."
Jannie staan so rukkie en dink…. "Jissis Ma, wil ma dan vir my sê niemand in die familie het die afgelope 200 jaar gezaberr nie? G'n wonder almal is so fokken bedonnerd nie!”
Sy moesie
Die woedende vrou sê aan haar blonde vriendin “Ek hoor jy loop en vertel vir almal dat my man ‘n moesie op sy tottie het.”
“Ek het nie gesê dit IS so nie, ek het gesê dit VOEL so!”
Serial killer
Die serial killer en sy victim stap deur ‘n donker, scary bos.
Ek’s bang sê die victim.
Die serial killer sê: Jy dink jy’s bang, ek moet blerrie alleen terugloop!!
Oupa se riem
Kleinseun: “Oupa hoe voel dit om op 87 seks te hê?”
Oupa: “Soos om met ‘n tou snoeker te speel”
Krimpies
Die ou tannie in die ouetehuis steek haar gebalde vuis in die lug en sê:
Die een wat kan raai wat ek in my hand het kan met my seks hê.
Die ou oom roep toe uit: ‘n Olifant!!
Sy antwoord: Close enough!
Gatiep & Meraai
Gatiep is in die mood! En druk vir Meraai.
Meraai: Nai, Gatiep ek kannie. Ek het my Womans monthly!
Gatiep: Ek gee nie om of dit djou Womans monthly of Farmers weekly isi, vanaand word djy gelees!
Blondes
2 Blondes gesels.
1ste: ek het gegaan vir ‘n swangerskap toets.
2de: Was die vrae moeilik?
Die duiwel.
Jannie vloek verskriklik. Dominee vra of hy nie bang is vir die duiwel nie.
Jannie antw: Nee, Jy’s die een wat moet worry. Jy praat mos elke Sondag kak van hom!
Jagkamp
Vier ouens het na dieselfde jagplaas in die Kalahari gegaan vir baie jare. Twee dae voor hulle weer sou gaan het Vossie se vrou haar voet neergesit en gesê dat hierdie keer gaan hy nie.
Vossie se pêlle was uit die aard van die saak baie ontseld, maar wat kan ‘n man maak.
Twee dae later toe die drie egter by die jagplaas aankom kry hulle Vossie sit by die vuur met ‘n bier in die hand. Tente was klaar opgeslaan. Vuurmaak hout op ‘n hoop en die vleis klaar op die rooster.
“Hoe lank is jy al hier? En hoe de hel het jy reggekry om jou vrou te kry om jou te laat kom” wou hulle weet.
“Wel ek het vroeg vanoggend hier aangekom”
“Gisteraand sit ek gatvol op my stoel by die huis toe my vrou van agter kom en my oë toedruk en vra “Raai wie” Ek haal haar hande af en sien dat sy die sexyste nightie aanhet.
Sy vat my hand en trek my kamer toe. Daar gekom sien ek ‘n klomp kerse wat brand en roos blare die hele wêreld vol. Op die bed lê daar toue en ‘n paar handboeie. Sy sê toe ek moet haar uittrek en vasmaak op die bed. Ek doen dit toe maar. Toe sê sy “Nou doen jy net wat jy wil”
So hier is ek.
V-Town couple
'n Man ontmoet 'n beeldskone blondine en is dadelik verlief op haar. Hy vra ook sommer dieselfde dag vir haar hand.
Sy sê, " Jirre, maar ons ken mekaar dan glad nie"
Hy sê, " fok dit, ons sal mekaar leer ken soos ons gaan"
Sy sê toe ja en hulle is dadelik getroud en vertrek toe op wittebrood.
Een oggend terwyl die twee langs die swembad ontspan staan die man op en klim tot op die hoogste punt van die duikplank. Hy duik daar af en voor hy die water tref voer hy die fokken moeilikste bewegings uit. Die patroon herhaal homself met die man wat werklik die gaste in bewondering laat met sy aanskoulike duike.
Hy kom lê weer op sy handoek en sy nuwe bruidjie sê "Dit was befok, waar het jy dit leer doen?"
"Ek is 'n Olimpiese duik kampioen" sê hy "ek het jou mos beloof ons sal mekaar leer ken soos ons gaan"
Sy bruidjie spring in die swembad en swem sonder om te dink 50 keer heen en weer deur die swembad en toe sy weer kom lê is sy nie eens moeg nie.
" Sjoe" sê die man, "is jy 'n olimpiese swemmer ?"
"Nee" sê sy "Ek is 'n hoer in Vereeniging, maar ek werk aan albei kante van die Vaaldam
Watkykjy staan op 3,101,763 post views in totaal sedert 1 November, 2019.