Karavaanmense was nog nooit juis 'n lekker spesie nie. Ons het dit nog altyd vermoed. Maybe verstaan ons hulle net nie lekker nie. Julle weet, dit moet 'n ander leefwyse wees. Om so in 'n beknopte spasie te slaap, eet, stort en kak. Die hele familie – ma, pa, ouma, boetie, sussie en klein buite-egtelike Servaas. Alles wat hulle saamkarring moet op 'n manier donners vervoer word, so dis heetemal te verstane dat alles half klein en kompak moet wees.
Kyk net byvoorbeeld na hierdie Springbok Caravanner Camp Chair wat jy by Makro kan aanskaf. Maats, ek wil nou nie soos 'n fokken snob of iets klink nie, maar vir R549, kan julle eerder my kniekoppe afpoes met daai stoel, wat ek sal vir 'n fok nie op so iets sit nie.
Veral nie op holiday nie…
Watkykjy staan op 2,931,565 post views in totaal sedert 1 November, 2019.