Hallo. Hoelykkit? Woah. Wag. Stop die fokken lorrie. Daar's 'n goeie kans dat jy wou terugskiet met "lekker man", "daar's nie fout nie", "moenie vra nie" of my persooonlike minsteling "help nie om te kla nie, niemand luister nie."
(Honestly, is daar iemand wat nog lag vir daai outjie? Kom nou man. Fok.)
Maar actually is die laaste antwoord seker die naaste aan die waarheid. Want niemand luister nie. Hulle weet die outomatiese antwoord op "hoe gaan dit?" is "goed dankie en met jou?" en blaf dit elke keer terug soos Pavlov se stoepkakkkers. Party gaan selfs sover om sommer 'n gesprek te begin met "goed en met jou?" Straight.
('Vriend' klim uit Alfa uit.)
"Goed en met jou!"
(Jy bekak jou panty. Sug.)
"Hallo Dawie…"
Gaan dit rerig goed met jou? Altyd? Ek fokken dink nie so nie ou pellie. Jy't tien teen een heavy baie kak in jou lewe, maar is nie lus om te sê dit gaan maar donners broekskeur daar nie. Maybe naai jou vrou die Checkers bestuurder. Of jy kom agter jy laaik eintlik rerig van Celine Dion. Of jy like die ou wat vra hoe dit gaan net mooi fokkol en vermy 'n regte conversation.
Niks fout daarmee nie. Ons almal doen dit. Dis net vir my fokken simpel dat amper elke gesprek met so stuk useless kak begin. "Goed en met jou" beteken net mooi sweet blue bokkerol. Dis hoe die gesprek actually gaan:
"Hallo ou maat. Hoe gaan dit?"
(Hey poes! Ek maak of en geinteresseerd is jou lewe. Let op, ek sê!)
"Goed dankie en jy?"
(Whatever my blaar. Ek kan nie minder gespin wees oor jou en jou en jou kak nie. Jy dra anyway jou hare soos 'n doos.)
"Goed dankie."
(Ek sien. Kom ons brag 'n rukkie oor ons leë lewens en maak of ons mekaar smaak. Ek is anyway beter as jy. Poes.)
Of course is mense wat verskriklik fokken lief is om na jou welstand uit te vra die fokken foonapies wat telemarketing doen. As ek hoor van "Hello sir, how are you?" van 'n unknown nommer af sit ek sommer dadelik fokken neer. Jy kan die sales pitch sien aankom allie pad van Beaufort-Wes se kant af. En hy's lelik, daai ding.
Wat ek voorstel is dat mens die formaliteite 'n groot vet fokken floatie kap. In fact, ek doen dit klaar. As ek met iemand praat wat ek nie ken nie, of nie particularly like nie is dit bloot: "Hallo. Ek het net gou die…" Want kom ons wees eerlik, IT support gee nie om oor Chopper se gebarste geyser nie.
En as dit 'n pel is, aan die ander kant, sal ek actually "hoe gaan dit?" indrop en fokken eerlik wees "nee kak griff, ek het swambal – heavy suf" of whatever.
Natuurlik is daar uitsonderings. Jou ouma wil dalk nie hoor van jou swambal nie, en tog sal die antie 'n fokken hartie pop as jy haar flat ignore. Behalwe as jy 'n teenager of 'n goth is, dan is sy maybe gewoond aan jou kak. Drop anyway daai fokken houding poes.
Ag en so bitch ek nou al 'n hele artikel lank oor mense my vra hoe dit gaan. Maybe is ek net te fokken sinies om om te gee. Maybe wil ek net nie deel met my medemens nie. Maybe, en buk solank, dis 'n diepe, is dit geldige kommentaar op ons moderne lewe waar ons te snel verby mekaar lewe en nooit meer stop om eerlik na mekaar se welstand te verneem nie.
*vat lekker vet trek van die zol wat ek surely moet rook*
Maar weet jy wat? Dit help nie om te fokken kla nie want niemand fokken luister nie. Once.
Watkykjy staan op 3,048,235 post views in totaal sedert 1 November, 2019.