Half Price – Dik gevaarlike Ska Punk Legends

In Snotstories deur Christo Brandbruggies

Dis ‘n feit soos ‘n koei, ons almal like dit om shit verniet te kry. Dis ook ‘n feit soos ‘n koei dat “ ‘n feit soos ‘n koei” glad nie fokken sense maak nie. Maar kom ons fok nou nie rond met die Afrikaanse voorvadergeeste nie, hulle het darem vir ons mooi woorde soos poespas, tondeldoos, hottentotsgot en aambeie geskep.  Anyway, terug na die freebies! Freebies is lekker, behalwe daai kak wat hulle deur jou venster try pos by die robots, veral as dit is een is van Dr. RAMAHADANHA wat jou tune hy genees fokken alles onder die son met ‘n ‘n pasgebore jack russel se stert, R150 van jou hard-earned zak en bietjie high tech voodoo magic.  Ek skiem  hy het sy kak maniertjies by die Gummi Bears geleer. Nie daai Gummi Bears nie, dié Gummi Bears, die fucked up enes..

Hoor jy wat tune daai een met die hoedjie. Selfde wat die toordokter jou gaan tune na hy jou uit jou geld uit genaai het. “Siemsalabiem ek vat jou vir ‘n doos..” Is ja, jy gaan probably nogsteeds nie die Lotto wen nie, en ongelukkig gaan daai toets nogsteeds positief uitkom more.. Eish, askies ne!

Die brasse van Half Price het in Desember besluit hulle gaan hulle befokte albums pasella maak om te download op hulle website. Nou gaan jy dalk skiem, “So wie of wat is Half Price?”

Half Price is een van die befokste ska punk bands ooit in die geskiedenis van Zuid-Afrika, dis maar ‘n  feit soos wat ‘n feit ‘n fokken feit is. Ek dink half pricein my rondval jongdae het my toggos ‘n solid 5 cm extra gesak van boogie  op hierdie ouens se tunes. So paar jaar gelede het ek in ‘n fucked up Volla gesit by die beach saam met my buddy Tjokka, Sahawi  loose draws en Black Label quarts,  wat ons met bruin munte uit die asbak en empties se deposits gekoop het. Dik fancy. Fok ons het gepaartie in daai kar op Half Price se tunes elke middag.  En vandag, jare later, kan ek nogsteeds hulle cd opsit en dit fokken amp my heavy vir paartie. Hulle guitar klanke is soos  stroopsoet heuning wat afloop teen ‘n upmarket stripper se borste. Hulle lyrics is soos die Tokolos se umthondo, lank en kriewelrig.  Hy kruip by jou oortjies in en maak liefde met jou brein. Maar lekker liefde, nie soos daai liefde wat jy kry in die selle nie, maar net so agressief.  Hulle tunes gaan baie oor bier drink en kaalgat rondhardloop en piele swaai en zaber en bier drink en road trips maak en bier drink. Maar fok, kom ons wees eerlik,ons like eintlik om daai dinge te doen.  Mens kan relate met die bra’s se lyrics, want hulle maak ook uit van fokkol geld he nie, en te lelik wees om broeksnoek te kry, net soos baie van ons ook!. Dis straight forward lekker  tunes vir wanneer jy en jou gabbas fles vat en bietjie wil koppie skud.
Een van hulle kief musiek videos van die olden days

Hulle tweede laaste album is BANNED genoem. Hierdie perde is veban by party venues want hulle smaak van Jagermeister by die fokken liters in jou keel af gooi. Dit en om al hulle kleertjies uit te trek. En jy sien, as dit gebeur dan smaak die tjerries daarvan om hulle tieties vir die res van die latest HP albumcrowd te wys, en ek het nie ‘n probleem met tieties nie. Die eerste keer het ek kaalgat opgeeindig op die stage, amper my fokken ribbes gebreek teen ‘n speaker, die tweede keer het ek rondgehardloop met ‘n boob tube vir ‘n onderbroek, my klere is gesteel, bouncers skiem die boer is fokken mal. Nou ja dis hoe hulle shows gaan, jy tune jouself altyd voor ‘n gig; “Myself, hou groot samblief jou broek aan vannaand, jy’s al mooi groot.. Moenie dat ek weer praat nie.” En hier na bier nommer  17 ruk jy die matte van die venue se vloer af, Half Price se musiek pomp deur jou ore en deur  jou are soos met daai girl in Matrix 2 wat fokken wille climax op die fiena  kry van daai gedokterde sny koek. Dink mooi, jy maak uit? Jy hang aan die dak se balke, jy is op daardie oomblik volledig devolve na ‘n guerrilla ondier, en jy fokken like dit kwaai.
Ek het nou genoeg gepraat vir eers, hier is die link na hulle webpage, wees nou slim en download eers die eerste album TAKING LIFE SERIOUSLY, dis hoe mens dinge doen. Kronologies.

http://www.drunkpunk.co.za/

Gaan browse net op die main page, jy sal die links vir downloads daar kry. Speel DRINK ALL DAY elke dag na werk, koop ‘n quart Zamalek, skud jou fokken boude soos ‘n mal mens.

Homosexual Pete, DFG, I salute you!

 

Hierdie post is 239 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,614,941 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Christo BrandbruggiesHalf Price – Dik gevaarlike Ska Punk Legends