Maats, ons is jammer dat ons dit aan julle doen, maar daar is net nie fokken einde aan zef karre hierdie week op Watkykjy nie. Ons het self al so paar keer bietjies-bietjies in ons monde gekots. Ongelukkig bly ons in Zef-Afrika, so hierdie kak sal nooit ophou nie. As ons die inbox met die Bloemhofdam moet vergelyk, staan ons op so 110% vol. Dit raak nou soos Gauteng se weer hier op Watkykjy – die vooruitsigte lyk nie goed nie. Volgende week moet ons ongelukkig weer die sluise oopdraai.
Kyk byvoorbeeld na die volgende submission – bakkies is veronderstel om utility vehicles te wees, maar mense insist daarop om te over capatilize op goed soos Airbus A380 vlerke. Die volgende move is dat die sak sement wat jy by Builder’s gaan oplaai langs jou moet ry met ‘n seatbelt aan. Die teendeel is ook waar. Mens sien gereeld mense wat 15 meter se two-by-four in hulle Corsa’s rondry. Hulle sit hom by die boot in, skuins deur die voorvenster en sommer ook in tot agter die eiers vir die outjie wat geduldig op sy skoetertjie by die robot sit en wag vir ‘n groenlig.
Griff,
Check hierdie kak uit, vandag afgeneem by in die Builder’s Warehouse parkering, Ysterplaat, Kaapstad!! Fok, net in Brakpan of in die Kaap. In hierdie geval laasgenoemde.
Johann
Watkykjy staan op 3,083,764 post views in totaal sedert 1 November, 2019.