Check, as jy nou wil zak maak – identifiseer die volgende land wat hulle government will topple en vlieg in met ‘n moerse order van hierdie skull helmets en maak ‘n fokken killing. Dit lyk baie meer intimidating as wat die Egiptenare se home-made pletterpette daarna uitsien.
Kom ons wees nou eerlik – as jy Mubarak was en iemand storm op jou af met twee hot dog rolls aan sy ore vasgestrap en ‘n stuk ham op sy voorkop vas ge-duct tape, gaan jy in jou broek pis. Van die lag.
Hier is so paar van die dudes se helmets:
Die “waterkoppie”. Sonder die water. As hierdie ou koppe stamp met die ou in die foto net onder hom kan dit fokken morsig raak.
Die “jirre maar jy het groot geword! Ons sal ‘n klip op jou kop moet sit”-helmet.
Die “go-bucket”. Die kraak is om deur te loer, maar jy kan die hele ding oplig as jy wil. En dan ‘n baksteen in die gesig kry. Jy kan at least in die ding opgooi. Of kak.
Die “pot-shot”-helmet. “Mirrag seuns, wat kook hieso? Dit lyk kakgevaarlik!”
Die “donkiekar wieldop”. Actually weet ons nie wat die fok hierdie is nie. Miskien was die ou besig om vir goud te sif langs die piramides. Miskien is dit ‘n onderstebo bokskryt vir skerpioene. Net hierdie blaar sal weet.
Die “fokken brood”. Dis wat gebeur as mens met half-baked idees aan protesoptogte deelneem. Jy lyk soos ‘n half-loaf. Miskien kort hy net twee visse. Miskien is sy mission om almal te voer.
(shot, Malan)
Watkykjy staan op 3,091,354 post views in totaal sedert 1 November, 2019.