Jy word uitgenooi na een of ander braai of dinner waarvoor jy fokol lus is, maar jy moet saamdrentel want jy is aan die begin van jou verhouding met ‘n chick met lekker tiete en en ‘n maag waarop jy bosveldhout kan kap. Jy het nog nie veel verder gevorder as first base nie, want die broers, pa, neefs en die res van die family probeer jou nog uit-suss. Hulle is heavy stywe Afrikaanse mense en jy dink nie hulle het al ooit van Watkykjy gehoor nie, so jy het fokol om oor te praat.
Of in ‘n ander setup, is jy dalk by een of ander snooty buitelig kaas en wyn aand ingeboelie deur soorgelyke bogenoemde meisie en al wat jy wil doen is suip, saag en wheelie. Al wat die neus-in-die-lug mense wil doen is om politiek, kak en kultuur te praat.
Klap hulle met hierdie kakboring Afrikaanse feit. Omtrent fokol mense weet hiervan. Dis hoe jy hom uitrol:
“Hey ouens, terwyl almal nou so pretensieus staan en kak praat oor goed waarvan hulle acutally fokol weet, hier is vir julle iets: Weet enige van julle waar die benaming vir Hartbeeshuisie vandaan kom?”
Jy kan so bietjie pause vir effek terwyl die een meisie in die geselskap met die kort ge-gelde, oranje, lesbian windtonnel hare en die vierkantige swartraambril (wat nie eers ‘n fokken leesbril is nie) haar Idiom Cabernet Sauvignon-Merlo-Cabernet Franc 2006 in die glas rondrol.
Net nadat sy ‘n sluk vat en net voor sy haar smoel oopmaak om heel moontlik ‘n klomp kwazi-intelektuele tos uiter, val jy haar in die rede (terwyl jy jou zip oopmaak om langs die vuur in die roosbedding te pis. Sigaret in die bek.): “En nee, dit is nie ‘n samestelling van die woorde “hart” en “bees” nie. Dit het actually fokol met beeste of hulle harte uit te waai.”
Jy gaan dan voort, half-dronk, dog vol selfvertroue en wieg heen en weer in jou Crocs soos jy oor die rose sprei: “Die woord ‘Hartbeeshuisie’ is actually ‘n samevoeging van die woord ‘harub’ wat ‘n Khoi woord is vir ‘biesies’, die actual Afrikaanse woord vir ‘biesies’ self en dan obviously die woord ‘huisie’. Dit sou dus direk vertaal kan word as ‘Biesie-biesie-husie’. Dis faktap, ek weet, maar dis die fokken waarheid.” Miskien kan jy dan ook byvoeg, net voor jy die oorblywende druppels jou piel afskud: “Daar moes seker poesbaie biesies gewees het in Hartbeespoortdam voordat almal daai Toskaanse komplekse gaan staan en bou het. Kyk hoe kak almal nou so lekker saam in die dam. Lekker oorbevolking. Hulle eie skuld.”
Skiet jou stompie oor die muur, verlaat die geselskap en gaan haal nog ‘n bier uit jou coolerbox.
Second base met die goose is joune.
Watkykjy staan op 3,083,864 post views in totaal sedert 1 November, 2019.