Ons het so week of wat terug vir julle 'n tune genaamd "Skouhuis" hier op Watkykjy gelooi en dit lyk of julle dit meerendeels gesmaak het. Die band se naam was onbekend aan ons, maar die outjies het uit die donker na vore getree. Hulle was moerse verras gewees om hulle tune op Watkykjy te speck 'n hele klomp jaar later na hulle dit record het.
Die band staan deesdae bekend as "Sean Met die Bril" en die ouens woon steeds in Bloemfontein. Hulle gooi progressive rock vibes en bestaan uit:
Hardy Le Roux – Lead Guitar
Paul Carter – Bass & Boogie
Buff – Drums
Sean Met Die Bril – Guitar & Vocals
Die bra's was so chuffed gewees dat hulle die song "Skouhuis" sommer gaan pannelbeat en revamp het en weer vir ons gestuur het. Nou skiem ons hier by Watkykjy dat daar buite 'n hele paar Watkykertjies is wat film studente en aspirant music video boffins is wat maybe sal belangstel om vir "Skouhuis" 'n befokte music video aan mekaar te slaan. Kontak ons met so paar videos wat julle al create het en dan kan ons die details aanpass vir die band. Obviously sal jy en jou tjommies dit uit die goedheid van julle harte doen. Ek is seker die band sal vir julle kos en drank en goeie geselskap gee in ruil. Ons soek nie Lianie May tipe videos nie. Ons bly in Suid-Afrika, nie Nollywood nie.
Jy moet in elk geval iets cool doen vir jou portfolio. Jy kan net sowel in Bloem gaan party virre naweek.
Hier is die band se Facebook profile http://www.facebook.com/seanmetdiebrilband
En hier is die revamped tune:
Sean Met Die Bril – Skouhuis (Nie Radio Vriendelik)
Watkykjy staan op 3,048,734 post views in totaal sedert 1 November, 2019.