Ai, maats,
Hierdie is ‘n spesiale tipe van stupid. ‘n Watkykertjie het hierdie kiekies in Desember afgeneem in Pretoria-Noord. Daai vlerk is seker by Waterkloof se lugmagbasis gezoi. Waarvoor de fok sou hierdie laities in die Chico downforce nodig ag wanneer die vlerk swaar genoeg is om die kar ondertoe te forseer? Kyk, ek het self al ‘n rooi Chico besit in my dae en jy maak hom so 15km/h stadiger as jy ‘n roofrack vir ‘n surfboard opsit, let alone nog die surfboard ook. Die Chico 1.3 haal beswaarlik 0-100km/h in 12.8 sekondes.
Die een hieronder, however, slaan 0-poes nog voor jy jou fokken gargagedeur oopmaak.
(shot, Adolph)
Hierdie post is 191 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,084,307 post views in totaal sedert 1 November, 2019.