OK, dis nie heeltemal die waarheid nie. Ons kry soms ook briewe van mense wat nie huilerig is nie. Kom ons kyk eers gou na so paar van die mense wat nie dink dat ons Satanskinders is nie:
Liewe Griffin,
Ek is vir die laaste 3 maande in Pretoria a.k.a Snor City na 'n sewe jaar hiatus en is van dag een af herinner hoekom ek sewe jaar terug gefokof het. Nerens in die hele wye wereld is daar so 'n hoe konsentrasie van idiote, pienk hempde, oversized hamstrings, clogged arteries, sambrele in holle, highlights vir hom en haar en popped collars nie. Ek weet daar is iewers in hierdie dor stad 'n groep mense met 'n brein, maar hulle kruip goed weg. As jy outnumbered is deur 'n klomp dom dose is dit nie die moeite werd om terug te baklei nie.
Hierdie site kry my deur my tydelike stay in Pretoors, want God weet 'n nail salon en 'n Blou Bul game sal nie.
White Trash Wet Dream
Die mees bevange website in afrikaans. Dankie ouens. Ek's 46 jaar, dalk seker biki oud vir julle kakpraat sessies maar geniet dit erg …
Te moer met al die nat panties wat so klaa oor als.
Groete,
Gerhard
Hey ouens ons wil net vir jul sê eerstens baie dankie vir 'n ordentlike Afrikaanse webtuiste ,en tweedens ,Suid Afrika se klomp kleuters , die land is soos 'n kleuterskool al nie waar nie? Mag nie vuurwerke smous , of meer skiet nie ,en nou skielik die storie met kuier plekke wat nie na 2 mag drank verkoop nie ,daai tyd begin ek en my pelle nog net kuier. .en dan die klomp mense wat kak & kerm oor die Paul Kruger t-shirts. . .mense ASSEBLIEF word groot , jul is lankal uit die kleuterskool , en tien teen een klaar met college , so wat die vok moan jul oor? Sit terug en geniet die humor van Wat Kyk Jy.
Groete
WATOKAL
Hey Outjies! Julle brasse is 'n paar piele ou's! Ek enjoy julle op 'n daaglikse basis. En ek is ook nie meer van vandag se sagte handjies, bang vir werk tipe nie. Ek kom van daai se dae af toe Oom PW ons met sy fokken vinger op 2 jaar se holiday's gestuur het. So, as jy nie Malema matriek het nie kan jy self die fokken sommetjies maak. Wou julle net tune dat julle moet groot gaan met hierie saait! Julle doen vandag wat ek al van doerie fokken tyd af wou doen! Tune die klomp konte van die dag wat ons eintlik van hulle dink!!! Shot. Jul ou's rock. Laat 2011 'n jaar vol geleenthede vir al ons maats wees. Keep up the good work!
Abes
Just fanmail, loveletters, watookal: Columbus discovers Africa – I can no longer breathe due to laughing solidly for the last hour. Very recently discovered your gem of a website. Keep shovelling it. This expat needs to remember what makes her nation great.
(jammer, ek is te lank in die buiteland om myself in Die Taal te express…). Julle rock.
Princess
Julle is n spul siek mense man, kyk hoe vloek julle en die goed wat julle op die website het is n spul snert man, al wat ek wil se is sterkte…..julle het dit nodig, Satan se kinders dis wat julle is.
Dirk
Hmm…
Thanks Dirk. Ek weet nie hoe Satanskinders lyk nie, maar ek vermoed dat dit dalk min of meer sou lyk soos die fotos hieronder?
Watkykjy staan op 3,090,606 post views in totaal sedert 1 November, 2019.