Fok die Opel, daar’s net een Boss

In Snotstories deur Chopper Charlie

As jy lus is om daai paar eBucks wat jy anyway fokkol mee doen te spend, of iets befok wil kyk terwyl jy en jou pel (of goose) ‘n Bossbottel Jack polish het ek net die fokken ding. Die London Calling: Live in Hyde Park DVD set van Bruce Springsteen en die E-Street Band. Jissis.

Maak uit, die bra is 60 jaar oud, maar hulle jol ‘n 3-ure set sonder breaks. En wat ‘n fokken set pappa. Teen die sesde song is sy hemp ‘n ander kleur van die sweet want hy gaan vol revs van die eerste note van ‘London Calling’ (ja hulle cover hom) tot aan die einde. Die band ook. Die manne is vintage maar al agt silinders pomp. Hard en aanhoudend.

Die weird ding is dat hulle nie eers al die crowd pleasers en populêre Bruce songs doen nie, maar ‘n ou mind nie. Dis net ‘n befokte show en as jy begin luister na die stories wat sy tunes vertel is jy hooked. Of ek was. Ou Bruce is ‘n great entertainer en hy fire ‘n crowd op soos min. Damn, ek wens ek kan die man check voor ek vrek.

Check byvoorbeeld hierdie lyrics van ‘Racing in the Street’:

I got a sixty-nine Chevy with a 396
Fuelie heads and a Hurst on the floor
She's waiting tonight down in the parking lot
Outside the Seven-Eleven store
Me and my partner Sonny built her straight out of scratch
And he rides with me from town to town
We only run for the money, got no strings attached
We shut 'em up and then we shut 'em down

Klas. Suiwer klas wat ons hier mee te doene het. Soos jy kan sien teen die fokken tyd. As jy die man nie ken nie stel ek voor jy gee hom ‘n try.

Ek sluit af met ‘n voorsmakie van die DVD. ‘n Liedjie wat net sowel oor Vereeniging kon gaan. ‘Badlands’.

Hierdie post is 99 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,135,972 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
Chopper CharlieFok die Opel, daar’s net een Boss