Jy kan ‘n double admission ticket score vir die hele naweek vir die Up The Creek Music Festival ter waarde van R1180. Let wel, jy moet op eie stoom daar kom – dit is in Swellendam. Ons gee slegs die festival tickets weg, nie Onetime vlugte, Roadlink bus of wyntrein kaartjies nie.
Al wat jy moet doen is om “#upthecreek” met lipstick, ‘n koki pen, stroop, tjoklit, glitter of watookal oor jou boobs, bors, clevage, of moobs te skryf, ‘n foto daarvan te neem en vir ons te mail. Ons sal die beste paar foto’s op Watkykjy looi en dan kan die Watkykertjies vote vir die wenner.
Nou check, jy hoef nie jou gesig af te neem nie en as jy ‘n meisie is hoef jy nie jou pienk punte te wys nie, maar jy is nogtans welkom om so te doen, sou jy in die mood wees vir so bietjie interwebs voyerism. Deelnemers kan ‘n skuilnaam kies as hy/sy so verkies. Ons sal nie die deelnemers of wenners se regte naam bekend maak op Watkykjy nie, maar ons sal jou regte naam moet kry om vir die organisers die korrekte info deur te gee vir die dubbel kaartjiewenner.
Obviously is die kompetisie onregverdig omdat mense nie sommer maklik vir borshare gaan vote nie, so wees creative. Jy het sekerlik ‘n girlfriend, vriendin, vrou of buurvrou wat jou sal wil uithelp.
Jy het kans tot Sondag 23 Januarie 20:00 die aand om in te skryf.
Sou daar ‘n gebrek aan inskrywings wees vanwee skaamte, koue weer, reen, aardbewings of ‘n algehele ecplipse, staan dit ons vry om die kaartjies sommer weg te gee aan iemand op Twitter of iets.
Om jou ‘n idee te gee: Hierdie dame het sommer klaar begin inskryf terwyl ons nog oor Twitter gevra het wat mense moontlik moet doen om deel te neem en nog voordat enige iemand hierdie post kon lees en presies geweet het wat om te doen. Hence die gebrek aan #upthecreek oor die cleavage.
Vingers op die knoppe:
Watkykjy staan op 3,048,101 post views in totaal sedert 1 November, 2019.