Mirrag maats. Dis tyd om in holiday mode in te gaan. As ons so na die stempaal votes kyk, lyk dit of die meeste van ons nie vakansie of zak het nie, maar dit beteken nie ons moet op die vibe van die somervakansie uitmis nie.
Kom party by die Sonic Sumer festival oormore (Saterdag 11 Desember). Die mense van Oppikoppi het hierdie outjie aanmekaar geslaan. Die hekke by Riversands maak 13:00 oop en daar sal oorgenoeg kos, drank, warm bokkies en DJs wees om jou tot 17:00 te laat opwarm wanneer die bands begin oorneem:
- Goldfish
- Jax Panik
- Locnville
en finally gaan Die Antwoord die plek afbreek.
Tickets werk so:
- R150 op TicketBreak
- R160 by Musica
- R180 as jy by die hek kaartjies koop.
Hoe om daar te kom: Riversands Farm is so 6km van die Witkoppen en William Nicol interchange af. Jy draai uit Witkoppen in ‘n Noordelike rigting (in die rigting van die N14), fok verby Fourways en die Indaba Hotel. Dis net anderkant Dainfern. Onthou, dis by Riversands en nie meer by Emmarentia Dam nie, so moenie soos ‘n stupid piel by die verkeerde pozie uitslaan nie.
Sien julle daar. Dit gaan ‘n fokken lekker jol wees!
Hierso is ‘n flyertjie:
Watkykjy staan op 3,124,254 post views in totaal sedert 1 November, 2019.