So elke nou en dan word Watkykjy en tjommies uitgenooi na events en launches toe met die hoop dat ons iets daaroor sal mention oppie sait. Ons word omgekoop met persente, kos, drank en mense om ons dronkgatte weer veilig by die huis te kry. ‘n Week terug was weer een van daai aande en ons is sommer huistoe gestuur met ekstra drank en persente en ons kan daarmee doen wat ons wil. Obviously is die drank 3 uur die oggend geklap na die party, een pakkie word gehou uit selfsugtigheid en die ander een word weggegee met ‘n Zefshop order, want jy moet in elk geval persente koop vir krismis.
Hier is hoe dit werk:
- Jy is onder geen obligation om deel te neem nie, so moenie huilerig raak nie.
- Tussen vandag en 15 Desember 2010 gaan ‘n Zefshop order vir enige combo van ‘n Blink Stefanus EN enige Watkykjy t-shirt in vir ‘n random draw om die prys te wen, so as jy beplan het om in elk geval te bestel, kan jy heel moontlik score.
- Behalwe van die kans om die groot prys te wen, gee ons nog steeds kief persente in elk weg saam met die orders. Check Zefshop se Facebook page uit vir die free persente. Daar is seker nog ‘n kombinasie van so 40 of wat oor.
- Daar is een prys – ‘n Powermat Home & Office Mat gepaardgaande met ‘n Universal Powercube. Totale waarde is R1150.
- Correspondence soos “Het ek gewen?” sal nie entertain word nie. Die wenner word 20:00 op 15 Desember bekend gemaak.
- As daar geen inkrwyings is nie, gaan trek ons sommer een van die ou orders randomly uit en stuur dit as ‘n supreza vir die gelukkige persoon vir mahala.
Hierso is hoe die prys lyk. Obviously kom dit verpak in mooi boksies en so aan. Uit die boks uit lyk dit nogal soos een van daai skateboards van Back to Future II. Fokken fancy:
Terug by die blurry aand: Nadat Gareth Cliff met ons gepraat het, het die grootkop omie van Israel ons meer van sy produk vertel asook stuff soos dat sy seun se hele kombuis met die technology uitge-kit is. Jy sal seker sy huis kan sien as ‘n blouerige neon glow van Google Earth af. Hy’t vir ons toe ads gewys waar mense tune “It is bleeping charging!” Daarna het halfkaal meisies (Chix With Stix) vir ons beats gegooi en dit het gelyk of Gareth Clif verlief was. Actually het meeste dudes verlief gelyk. Meneer Doenbaar het die knop in sy broek agter ‘n branna probeer wegsteek. Ons het met die goed gespeel (die Powermats, nie die chicks nie) en uitgetoets en griff het getune “It is fucking charging!” Oom Israel in sy fancy suit was vinnig om griff daarop te wys dat it “Bleeping charging” is. Waarop griff dit weer probeer het: “Jissis! This motherfucker is bleeping charging!” Die omie het later opgegee met ons toe ons hom oor ‘n drankie gevra het wanneer hy die blueprints eventually vir die Israeli Defense Force gaan terug gee. Brannas doen maar sulke dinge. Ongelukkig was ons te dronk om saam Monte Casino toe te gaan. At least was ons uitgenooi.
Anyway, hier is paar van die TV ads wat nogal nie te kak is nie. Powermat is op die oomblik beskikbaar by Incredible Connection en sal by meer pleke soos Kalahari.net beskikbaar wees binnekort. Jy het dit al moontlik iewers gesien.
As jy nog steeds belangstel en nie mooi kop wat aangaan nie, is hier ‘n mooierige tannie wat verduidelik hoe dit werk:
PS: Thanks vir Road Angels wat ons severely dronkgatte huistoe bestuur het. Sonder julle sou ons klein stuurwielietjie gery het. Ons het iemand met lang hare gekies want ons het geskiem hy’s ‘n metalhaed. Dank vader vir die blaar hy was ‘n metalhead, want ons het Rammstein poeshard in die kar geluister. En die volgende dag heeltyd mondkatjies by die werk gemaak.
Eina.
Watkykjy staan op 3,083,865 post views in totaal sedert 1 November, 2019.