Vir julle outjies in die Gauteng Flats wat nie zak het om Margate toe te gaan vir jou new year’s party nie is daar ‘n plan B in Snortoria – Tuks FM se Motherle$$ party by die Voortrekker Monument. Nee, dis nie kak Afrikaanse volkspele vibes of huilerige geloftedag ooms en tannies nie wat “Delarey” sing met rooi gesigte in die son nie. Dis actually ‘n dik party.
Die Antwoord gaan die jol vol maak as die main act sodat almal 2011 Doosdronk kan ingaan.
Die party begin Vrydag 31 Desember van 16:00 af met hierdie klompie bands: Ashtray Electric, Oorlog Frankenstein, Yesterday’s Pupil, Pity The Fool, New Holland, Frankie Fire.
Gaan gooi ‘n draai. Dis beter as om tamatiesous oor jou chips by die Boksburg ice rink te gooi en te sit en huil wanneer hulle “The Final Countdown” speel.
Watkykjy staan op 3,102,323 post views in totaal sedert 1 November, 2019.