As jy nog last-minute rondskarrel soos ‘n afkop hoender virre kalkoenresep vir krismis, probeer hierdie een. Ons kan nie guarantee dat hy gaan werk nie, want ons sal self eers uitvind of dit ‘n kak idee was as almal aan tafel se onderlippies te begin bewe.
Ons werk hierso met ‘n medium kalkoen vir alle praktiese doeleindes. Dit voer omtrent 6 tot 8 mense. Of een baie alleen mens met 24 katte. En moenie skiem medium werk met kalkoen soos dit met onderbroeke werk nie. Jou zaber is nie naastenby 3 tot 4kg swaar nie. Ja dis reg, liefie jok vir jou ego se onthalwe.
Onthou, hierdie gaan tyd vat – jy is nie besig om ‘n fokken polony toeba te maak nie. So as jy matriek op ‘n pienk of geel vraestel geskryf het, vra vir iemand om toesig oor jou te hou of gaan koop McDonalds. Moet net nie dat hulle jou met die kleingeld kroek nie, Corki…
Wat jy nodig het:
Vir jouself (jy kan self uitfigure hoe hierdie deel werk):
1. Ten minste een spanlid om jou by te staan of heeltyd kak te hap
2. ‘n Goeie mixtape
3. Genoeg drank om jou en die spanlid ses ure lank besig te hou. Of interessant vir jouself. Of om jou persoonlikheid te gee.
Vir die brine / sous:
1. ‘n Medium kalkoen. (Sonder ‘n kalkoen kan jy nie ‘n kersfees kalkoen maak nie, so gaan bere daai pak visvingers en kom terug)
2. ‘n Halwe koppie sout
3. ‘n Kwart koppie bruin suiker
4. Twee liter water.
5. ‘n Halwe eetlepel peperkorrels
Vir jou aromatics vibe:
1. Een rooi appel. Hoekom rooi? Want ‘n rooi appel is ‘n mooi appel (as jy nie van appels like nie, probeer lemoen of whatever. Net nie piesang nie. Net hoere eet piesangs)
2. ‘n halwe ui
3. ‘n halwe kaneelstokkie (cinnamon) – jy kan seker die poeier ook gebruik. Fok, ek weet nie.
4. halwe koppie water – pretty much enige kraan het water.
5. Twee rosemary takkies – as jou goose se naam Rosemary is, moenie in haar broek rondkrap vir takkies nie.
6. Drie sage blare (Spar, Checkers en Pick ‘n Pay stock hierdie goed. Is jy nog by?)
7. Kwart koppie Canola oil of whatever oil jy gebruik (nie daai oorskiet vet wat jy vries in ‘n blik vir jou bacon en eggs nie. Ook nie Castrol nie, jou sif naai)
Prep die fokken ding en laat waai:
1. Bliksem al die sous se goeters bymekaar in ‘n pot en kook dit. Roer tot alles opgelos het. Obviously gaan die peperkorrels nie oplos nie, so moenie fokken simpel raak nie.
2. Haal van die stoof af en laat die sous chill tot kamertemeratuur en laat hom dan chill in die fridge tot hy lekker koel is. Hy moet amper vires. Of jy kan die pot direk van die stoof af in die yskas sit. Dis jou yskas, so jy kan hom opfok soos jy wil.
3. Laat die aand voor jou gaan spinnerakke gooi in die stort, of vroeg die volgende oggend (verkieslik voor jou oggendkak) sit die kalkoen met sy tiete na onder in die sous vir omtrent 2 ure. Dit moet in ‘n koel plek wees. Jou knotty-pine bar tel nie, al dink jy dis fokken cool. Gebruik maar die yskas.
4. Draai die kalkoen om op sy rug en laat hom chill vir nog so 2 ure in die sous.
5. Voor jy die outjie gaan looi in die oond, pre-heat die oond op 260. Dis nou grade celcius, nie kilometer per uur nie.
6. Vat nou jou aromatic bestanndele: appel, ui, cinnamon stokkie en water en bliksem dit in die microwave vir 5 minute op high. Obvisouly in een of ander container, anders is dit fokken nag.
7. Haal die kalkoen uit die sous uit en spoel hom binne en buite af met koue water.
8. Poes die sous weg.
9. Sit vir Big Bird op ‘n wye pan en droog sy boudjies af met paper towels.
10. Gooi al daai goed wat jy ge-microwave het in die kalkoen se hol in. Gooi nou die rosemary en sage ook in die hol in.
11. Smeer meneer Koen nou met olie orals oor sy lyf terwyl vir hom vertel dat hy warm plek toe gaan. Lees maybe iets uit Openbaring uit vir dramatiese effek.
12. Sit jou oondrak op sy laagste in die oond. Laer as jou Fiesta se suspension.
13. Roast jou kalkoen vir 30 minute teen 260 grade celsius.
14. Haal hom weer uit, draai hom toe in tinfoil sodat hy soos die blikmannetjie lyk van Wizard of Oz.
15. Draai die heat af na 150 grade celcius toe en sit vir Kulu terug vir die laaste 2 ure. As jy wil fancy wees kan jy een van daai timed termometers op 70 grade stel en in die dikste deel van Kulu indruk. Gewoonlik daar by die tiete rond.
16. Haal vir Kulu uit en laat hom rus vir 15 minute. Of jy kan soos ‘n dom poes toelaat dat almal onmiddelik soos honde aan die outjie begin kou en dan jou liplose familie ER24 toe vat. Of HF as jy nie medies het nie.
As jy van garlic smaak kan jy min of meer dieselfde boonste metode volg minus al die bestanddele en net die hele kalkoen met sout, botter en garlic smeer.
Alternatiewelik kan jy almal vermaak met ‘n hoender wat soos Malema lyk as plan B soos wat ons verlede jaar gemaak het:
Watkykjy staan op 3,073,838 post views in totaal sedert 1 November, 2019.