Dit het als begin met 'n Scientology vraelys wat hier by die huis aangekom het. Dis dus hulle wat dit begin het, en nie ek nie. Wou dit net fokken duidelik maak aan die begin. Raait, ko's gaan.
Baie van julle het seker al gewonder oor die Scientology-ding, veral nadat Nicole Kidman blykbaar vir Tom Cruise gedump het hieroor. Bra Tom, it seems, is moerse ernstig hieroor. Maar dan weer, daar's bitter min waaroor Tom Cruise nie ernstig is nie. Vat nou weer die belaglike waterpistool-voorval. Gods…
Anyway, na die unsolicited vraelys by my huis aankom besluit ek dat die Fillistyne inderdaad op my is en ek meer moet uitvind oor hierdie Scientology-ding. Check, vreeslik gelowig is ek nou nie juis nie. Maar 'n man moet weet wat skiet in die wêreld.
Wat is Scientology?
Scientology is in die fifties deur die science-fiction skrywer Alron Hubbard uitgedink. Hy was so creepy Amerikaner wat genoeg erfgeld gehad het om sy lewe daaraan te wy deur op te lees oor gelowe en self-help dissiplines. Als in Amerika is mos self-help – JY is 'n ster, JY kan, JY moet net in JOUSELF glo (en my lekker baie fokken geld betaal) en Oprah kyk en 'n extreme make-over kry. Trek in daai pens!
Uit als wat Oom Hubbard leer, en met 'n goeie snotklap imagination daarby, formuleer hy toe die nuwe religion. In die moderne tyd vir die moderne tyd. Deur 'n nie-so moderne ou. Kry vir jou.
Sentraal tot die idee van Scientology is die idee dat die mens eintlik goed is. Mens goed. Check. Maar ons moderne wêreld met ons loopbane, tegnologie en pressures maak vir ons evil en weird. Dus, mens goed. Moderne wêreld sleg.
En dit, my geveerde vriende, is hoekom ons 'n nuwe religion nodig het. Ons moet strategieë kry om te deal met onsself, die huwelik, ons vriende, ons jobs en elke liewe aspek van ons lewens. Ene wat saamgeflans is uit ander gelowe en uitgedink is deur 'n rykgat uit die fifties. Nou persoonlik het ek dit nodig soos 'n soutsuur-enema. Tipies Amerikaner om te postuleer dat mens inherent goed is. Hulle is mos. Amerikaners. Inherently goed. Mos.
Verder het hulle so weird kruis as simbool en claim hulle dat mense iets uit te waai het met aliens. Aliens? Sure, Hubbard was mos eers 'n sci-fi skrywer. En hulle geloof is moerse geheimsinnig. Check, die ding staan so. Hulle het al hierdie boeke en DVDs en strategieë oor hoe om met die lewe te deal (m.a.w. BAIE self-help produkte). As jy "gelowig" is (dus baie geld het) sal dit vir jou belangrik wees om access te kry tot hierdie amazing inligting.
Maar daar's niks verkeerd met my lewe nie!
Nou raak Scientology fun. Jy wonder seker waarom ek die vraelys aan die begin mention. Well, dis die ding. Om hierdie geloof te join moet jy eers NET SO fokken lang vraelys invul.
Baie moeilik hoor. Dalk onthou jy aanlegtoetse op skool, of selfs IK toetse, en maybe het jy al daai persoonlikheidstoetse in die Cosmo gedoen wat jou sussies so laat rondlê het: "Are you a good girlfriend?" So stud, is jy? 'n Goeie girlfriend? Anyway, hierdie toets is so iets, met vrae soos hoe bang jy vir die donker is en of jy vriende het en of jy jou werk doen of onder die maatemmer skommies maak.
Sug. Mens sien die aanloop daaaarrr doerrrrr aankom. "One standard sales pitch. Coming right up. 'Want fries with that?" Omdat ek nie lus was om by hulle sentrum hier in Kaapstad uit te slaan nie, doen ek sommer die vraelys online. Baie makliker en Computer gee sommer dadelik vir jou die antwoord, nie 'n weirdo geloofswerker wat ook 'n Scientology DVD aan jou gaan probeer afsmeer nie.
Selfs online vat dit basically amper vir ewig. Hulle vra als oor jou saai lewe en cross-reference so vrae om die cheaters uit te vang, soos hierdie toetse maar werk. Ai. Maar ek druk deur en click dat die mense my score kan calculate…
'n Opsomming van CHopper se lewe
O fok. Ek is verfokkenskriklik ongelukkig blykbaar. Maar wag, lees eerder self want ek is te depressed en selfsugtig om dit vir jou te lees.
In die interest van Scien-tology, het ek actually al my toets results in Afrikaans vertaal en ek plak dit net fokken hier vir almal om te sien (alhoewel dit eintlik verskriklik fokken vertroulik is). Verskriklik.
(Nota: Ek het dit actually heeltemal eerlik ingevul. Toets jouself ook online. Dis pret!)
F1 G3-4:Jy is onverantwoodelik in jou lewe en in jou werk. Jy blameer eerder ander as jouself oor wat jy is en wil nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir wat gebeur het of wat gaan gebeur nie. Die feit dat jy heel vaardig en so openlik, dog onverantwoordelik, is bewys dat jy in staat is om dinge te doen sonder om die nagevolge in aanmerking te neem. Dit is ’n uiters gevaarlike houding en gaan, as dit nie reeds het nie, jou in die moeilikheid laat beland.
Basies – ek is ’n onverantwoordelike doos wat die hele Hoërskool Vereeniging op ‘n afgrond afstuur. O nee wag, dit was standerd ses…
A4: Jy is verskriklik onstabiel in karakter. Jou geheue is swak en jy kan nie ordentlik op huidige kwessies konsentreer nie, of jou aandag is altyd kompulsief gevestig op iets anders. Jy is hipnoties en daarom is jou besluite, oordele en opinies onbetroubaar. Ander mense sukkel om jou te verstaan omdat jy so impulsief en onbetroubaar is.
Moenie terughou nie Scientology. Sê hom soos hy is!
B3: Jy is ongelukkig en teneergedruk. Jy het ‘n pessimistiese uitkyk op die lewe. Probleme en struikelblokke is te veel vir jou en omdat jy oor die algemeen ongelukkig is, sukkel jy om dit te hanteer. Jy blameer meestal ander mense, situasies of omstandighede vir jou teneergedruktheid eerder as om die fout binne jouself te soek. Jou vriende en familie vind dit moeilik om saam met jou te wees as gevolg hiervan.
Basies – ek is ’n Goth.
C3: Jy is senuweeagtig en over-excitable. Jou rusteloosheid en irritasie steur die mense rondom jou. Jy vind dit moeilik om te ontspan om jouself te geniet of om uit te rus. Jy vertoon senuagtige gewoontes waarvan jy soms bewus en soms onbewus is, soos blyk uit jou irritasie. Jy verloor maklik konsentrasie en het baie min selfbeheer.
Well, dit explain daai nat droom gisteraand…
D2: Jy kan redelik realisties oor jouself wees, maar met moeite. Jy kan jouself baie beter verstaan. Omdat jy nie helemal seker is oor waartoe jy in staat is nie, tos jy rond in jou subjektiewe realiteit. Jy sukkel om te besluit wat jy wil bereik in die lewe, maar nie so baie dat jy ernstige foute maak nie.
Geen ernstige foute nie. Check.
E2: Jy is aktief maar nie in staat om als te bereik wat jy wil of kan nie. Jy sukkel bietjie om aan die gang te kom en dan ook om die job gedoen te kry. Jy doen of meer as wat jy kan of vind dit bietjie moeilik om te besluit wat om te doen.
Is ek besluiteloos? Ek’s… ek’s nie seker nie…
H4: Jy is ‘n baie kritiese persoon. Jy lash verbaal en in jou kop uit teenoor die om jou en die omgewing, en as gevolg hiervan is jy feitlik onmoontlik om mee saam te wees. Jy mag dalk dink dat jy konstruktief krities of realisties is. Eintlik is jy net besig om kwaadaardig en wreed te wees. Omdat jy min goed in mense of die lewe sien, tel jou opinies nie veel nie.
Well, fok jou Scientology jou groot vet stupid religion.
I4: Jy is nogal koudbloedig en harteloos. Jou totale onvermoë om jouself in ander se posisies te sit bemoeilik jou verhoudings. Jy dink te veel van jouself en jou opinies om ander in ag te neem.
Klink omtrent reg. Ek sal jou stop as ek ‘n probleem sien. Asshole.
J4: Jy is baie teruggetrokke. Dit kan wees omdat jy skaam is of omdat jy nie van mense hou nie, of altwee. Hierdie gebrek aan kommunikasie wys ook daarop dat daar goed is wat jy nie wil hê ander moet weet nie en wat jy wil wegsteek. Jou onvermoë om vry te kommunikeer is ‘n groot struikelblok in jou lewe.
Moet… meer… praat…Mense… minder… haat… NEEE! (fade so uit)
Die follow-up
So ruk na mens die vorm invul kontak 'n vriendelike Scientologist jou van die local centre. Kwaai, tune die bra. Slaan uit hier by die sentrum en ons gesels oor jou probleme want die jirre weet – jy het dit nodig. Dan wys ons sommer vir jou die DVD verniet en jy kan jou eerste intro course in Scientology koop vir net R371. Hom naam is: "Overcoming Ups and Downs in Life" en die prys sluit in "data" en "materials you will need". Dit deal blykbaar met "supression en "depression". Baie interessant.
(Rrrttt! Supression en depression now complete.)
Nou wonder CHopper of hy moet gaan kyk wat daar aangaan en so bietjie die sluier lig vir die watkykertjies. Dalk hou ons 'n Internet telethon en koop die DVD vir 'n review op die sait… Wyd kyk, ek update julle volgende keer…
Watkykjy staan op 3,085,080 post views in totaal sedert 1 November, 2019.