Happy New Year, julle kopkouertjies!

In Spec-takel deur griffin

Ons groet solank, want ons wil gaan fles vat.

2010 het sy gat gesien. Ons gaan nie 'n top tien of 'n terugblik oor die jaar doen nie. Almal weet Die Antwoord het die aarde oorgeneem, Eugene Terror is dood, Watkykjy het die SA Blog Awards gewen (sommer 2 awards) en ons het die Zefshop oopgemaak. Ons kan in elk geval nie mooi onthou wat in Watkijkistan die afgelope jaar gebeur het nie.

Hoop jy hou 'n fokken lekker party vanaand, waarokal jy is. As jy in Pretoria is, gaan skiet uit by die Voortrekker Monument om te check hoe Die Antwoord julle die nuwejaar inhelp.

Hierdie Desember het vir ons 'n lekker mielie in die hol gerol. Kersfees, Boxing Day en Nuwejaarsdag val oor naweke. What the fuck is up with that? Volgende jaar is dit dieselfde kak – ons score net die Maandag na Kersfees. Hier is wat jy doen: As jy Maandag by die graft instap, gaan sit solank leave in vir Desember. Of quit jou job en kry iets anders. Dis mos nou nuwejaarsvoornemens en so aan. Rook en drink ook meer. Jy lieg in elk geval vir jouself jaar in en jaar uit.

Speck julle outjies aan die ander kant. Veilig ry, drink, naai en baklei.

PS: Gee almal 'n PK wat jou tune: "Jissie, die jaar het so vinnig verby gegaan!" (druk dan sy Powerbalance braclet in sy agterent op)

Cheersvireers.

Vat hom laaaaag!

fokkit

new year6

new year2

spiderman kissnew years6

new years9

new year1

kaalgat drank

new years3

new year4

dronkgatte

new year5

new years7

Hierdie post is 245 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,154,341 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
griffinHappy New Year, julle kopkouertjies!