Shaolin Kung Fu is die beste, sterkste en grootste Kung Fu op die hele aarde. Alle Kung Fu styles het hulle oorsprong in Shaolin, maar Shaolin Kung Fu rock nog steeds die meeste.
Die Shaolin Tempel is blykbaar in die jaar 495 AD gebou deur 'n Indian monk genaamd Ba Tuo. Ek skiem disse kak storie. Wie kan alleen so merske tempel bou? Maybe het die bra bietjie hulp gekry, jy weet, soos in skool as die standerd agt laaities die pawwies moet gaan ronskuif. All fun en games tot iemand 'n arm breek of die LO meneer in charge van die skool se child labour jou vang lyf wegsteek en slobie agter die fietsloods en jou klap lat jou rebel kuif so drie keer om jou kop corkscrew.
In die laaste paar jare het meer as vyftig skole hierie cool fighting style buite die Shaolin tempel aangebied. Meeste van hierie skole is ook verwoes in dieselfde tydperk. Build some, break some. Mense raak mos weird as hulle te veel poppy seeds graze. Volgens die China's (nie te verwar met china's van Kempton wat jou vlak kyk en jou diep lem nie) se geskiedenis was 'n bra genaamd Bodhidharma die vader van Kung Fu – ook genoemd "Wushu". Dis ook seker maar waar al die fighters hulle idees vir daai unsynchronised sound-effects kry wat hulle so met hulle monde maak. "Wushu!" Dan kry jy 'n bloedbek vol Bata Toughees (nommer twees nê – daai outjies dra mos partykeer vingerhoedjies vir skoene).
Ek het gedog "Kia!" is ook 'n kreet gewees, maar blykbaar beteken dit "piece of utter shit car" as jy dit direk vertaal. Hierie Bodhidharma kalant het as 'n student van Prajnatra na China toe gemisson en homself gaan tuismaak in die Shaolin Temple. Prajna-waddefok? Ke-zactly. Jy kan my kaal aan 'n boom in die bos vasmaak, vol heuning smeer en lat die apies my piep trek as ek weet waddefok dit is.
Anycase, die bra het toe opgehook met 'n paar ander monks en die Buddhist teorie van Chan verkondig. Lekker as mens fokol het om te doen. Dis seker ook hoekom hy belsuit het om die agtien skop-en-donner tegnieke van die Shaolin uit sy duim te suig. Dit was actually 'n moerse cool move gewees, aangesien die monnike se fisiese conditions nogal kak daarna uitgesien het. Check, die ouens sit mos net heeldag en mediteer. Die oefening het dus bietjie hulle gesondheid 'n boost gegee, die maag so bietjie ge-special K, spiere gebou en langer lewensverwagting tot gevolg gehad. Dit laat my aan twee goed dink: 1) Mense wat daarvan like om te "mediteer" en probeer cool wees omdat hulle dit iewers in 'n boek of op TV gesien het gaan nie baie lank lewe nie. 2) Mense wat so paar kakke agter is moet dalk begin werk aan die agtien fighting styles om die dermpies so bietjie reg te ruk. RRrrrt!
Interessante feit: Bodhidharma het vir nege jaar lank elke dag vir so paar uur in 'n klein grot bokant die tempel gesit en mediteer. Oor die jare het die son sy buitelyne op die rotswand uitgebrand. Wow! Maar jy hoef nie al die pad soontoe te ske-naaif om dit uit te check nie. Skuif net jou meubels bietjie rond, daar is ook sulke lekker dik buitelyne jou fokken luigat. Jy wil mos meditate en nie onder en agter goeters skoonmaak nie.
Die Shaolin monks het in 621 AD hulle eerste fight. Dis 'n fokken lang storie, maar kom basies neer op twee kante wat mekaar heavy kaarte skiet soos dit maar met oorlog en fights is. Wang Shigong het vir Li Shimin poef ge-tjaaf. Li Shimin het ge-antwoord met 'n "fok jou pikswart" houding en buddies gemaak met die monks. Natuurlik het die monks ou Wang Shigong se cronies six-love opgefok met die battle van Qianglingkou. Shimin is toe baas van die plaas gemaak en was oorstelp met vreugde en vir die monks 'n klomp gelukkies en bederfies gegee. Een brawe Shaolin monk genaamd Tang Zong is sommer 'n generaal gemaak en toe kry die fighting monks (soos hulle toe begin noem is) sommer 'n hele 40 hektaar veld as 'n bonus bederfie. Deur die hele China het hulle so paar reputation punte opgebou. Mens sal niks minder verwag van mense wat Mactwists kan afpull sonder skateboards nie. Kiaaa!
Deur die eeue heen het Shaolin Kung Fu sy ups en downs gehad. Gedurende die Ming dynasty (1368-1644) was die tempel se army nagenoeg 2500 man sterk en legio variante en tegnieke van die fighting styles is beoefen. Die government het dit ook stukkend promote. Kung Fu in die oggend, Kung Fu in die aand, Kung Fu met die klinkende simbale. Gedurende die Quing dynasty (1644-1911) is alle combat kuns verbied. Meeste van die blare het toe maar besluit om te duik en het die tempel verlaat. Die regering se stupitte asshol plannetjies het nie gewerk nie, want soos wat die outjies deur die land ge-cruise het om Buddhisme te verkondig, het hulle afgekom op ander tipes martial arts en bietjie notes gemaak. Eventually terug by die tempel is al hierdie verskillende style met die existing Shaolin Kung Fu ge-integreer.
En dit, my liewe vriende, is hoekom 'n klein kort kaalkop mannetjie met 'n rok meer as die sewe standaard soorte kak uit jou uit kan bliksem sonder 'n hoes of 'n poep. O ja, ek het onthou wat Prajnatra is.
Waar is daai apies en die heuning?
Watkykjy staan op 2,930,871 post views in totaal sedert 1 November, 2019.