Hier volg 'n pubic announcement:
Julle maak uit as mens fokken baie vleis het en wors moet maak daarmee? En jy het net 'n klein handmeuletjie, kak spices en derms wat die heeltyd uitfok? (nie jou eie derms nie. wel soms)
Dis wat op die oomblik op Watkykjy gebeur. Ons is nog steeds besig om so tussen 3 en 4 jaar se kak te probeer inhaal. Soms stop ons die wors van agter af in en soms laat ons die vleis op die vloer val en die time masjien se flux capacitor kort 1.21 gigawatts. Dis hoekom jy vir die volgende paar dae so paar snotstories van die verlede gaan sien uitpomp hierso op die voorblad. Ons het so bietjie tyd gehad nou om 150 van die goed solank in draft formats uit te rol. Daar is nog so 300+ uistaande posts wat gespice en ge-derm moet word. Daarna tackle ons die zef slang section ook. Moenie worry nie, hierdie is nie 'n new years resolution nie. Dis 2001 se new years resolution waarmee ons steeds besig is. Miskien maak ons nog klaar voor die paaie in Gauteng se construction ophou. Ons gaan defnitief nie die Gautrein beat nie. Daai ding is amper klaar.
Vir al die Watkykertjies wat al 10 jaar lank saam loop – moenie worry nie. Meeste van die goed word in archives ingedruk sodat dit at least by die datums pas toe dit geskryf is. Jy sal vir die volgende 3 weke of so miskien 'n ou storie raakloop. Vir die nuwe outjies – julle sal meer van ons ou kak leer ken.
Raait, julle het gesien dis 'n pubic announcement, right? Weet jy hoekom? Fok, ons ook nie.
Watkykjy staan op 3,048,724 post views in totaal sedert 1 November, 2019.