Omdat Suid Afrikaners sulke last-minute mense is, gooi ons ook nou eers ons wenke vir Krismis persente post. Fokweet, jy gaan tien teen een op Saterdag die 25ste nog rondhardloop in Menlyn omdat jy vergeet het om vir ouma daai velkleur panty te koop, of die blokkiespatroon sakdoeke vir daai neef van jou wat altyd so geswaai raak om die Weber terwyl hy ogies maak vir jou goose. Of julle ander niggie.
Of jy kan nou al jou shopping doen op Zefshop en dalk net-net betyds wees met giftige persente vir die hele familie. As jy 'n gereelde besoeker aan Watkykjy is, is jy in elk geval heel moontlik die swartskaap in die familie en hulle verwag niks minder van jou nie.
Vir pappa: Miskien 'n boek of twee. Begin sommer by "50 People who stuffed up South Africa" – Dis tog in elk geval waaroor julle gaan staan en brom as die derde bier sy gat gesien het.
Vir mamma: 'n Limited edition designer 100 bladsye notaboek vir haar resepte, inkopie lysies of hitlist. "Die Broekjagter Van Baghdad" notepad. Dit lyk nogal heavy soos 'n hyg-roman, so mamma kan lekker dagdroom ook.
Vir Oupa: Ietsie van Blink Stefanus – die Paulina Kruger hempie. Leer vir Oupa om vrede te maak met die verre verlede en vandag se mense. Begin die conversation met "Dink oupa dat Paul Kruger by rock concerts sou kon bos gaan as hy vandag nog gelewe het? Nog aartappels?"
Vir Boetie: As boetie 'n zolkop is, kry vir hom 'n dagga hempie van Black Star Clothing. Miskien weet jou ouers nie die blaar rook blaar nie. Dis dalk 'n subtiele manier om hulle in kennis te stel waarheen al daai universiteit zak gaan. Sommer so op krismis. Kyk hoe gelukkig is almal. Ou swartskaap bederf almal se goeie tyd.
As boetie se vibe meer vir Afrikaanse rock is, surprize hom met 'n Foto na Dans CD . Vertel dan vir mamma en pappa dat Foto Na Dans nie dagga rook nie, so dis 'n veilige keuse. "Gee asseblief die sout aan"
Vir die ouens se chicks: 'n lekker rock vibe hempie van FadedBlak of Dutch-Vegas clothing
Vir jou familie se klein, zef offspring: 'n ABC hempie. Leer die kinders rym met die eerste vier letters van die alfabet. Zef style. Maak seker dat hulle nie lelike goed by die creche leer nie. Strike first. Doen dit by die huis. Home schooling.
Rond almal se persente af met 'n rol Julius Malema kakpapier, vir daai vet kak wat jy gaan vang na al die hoender, koue vleis, gammon, tong, kalkoen en pudding wat jy in die gat in jou gesig afgedruk het. RRRRrrrt! Dis tien teen een die maklikste persent om te gee. Almal moet tog gaan kak een of ander tyd.
Elke order bo R100 tot die einde Desember 2010 kry 'n spesiale free gift wat probably meer werd is as jou order, so dis 'n double score. Check hier vir foto's.
Of jy kan natuurlik 'n total doos wees en net zak op jouself spandeer. Die Xbox Kinect is nogal befok, al maak dit mens effens moeg en laat mens soos 'n doos lyk met al die blaaint fotos wat dit neem van jou actions. Gaan een stappie verder – speel dit sommer kaal saam met jou goose. Moet net nie die foto's op Xbox Live share nie. Ons wil nie jou krom spyker en jou cherrie stervis sien nie.
Watkykjy staan op 3,110,845 post views in totaal sedert 1 November, 2019.