Jou ouers het jou altyd vertel dat dit daar ‘n goue unspoken reel is wanneer dit kom by onderklere. Jy moet altyd ‘n skoon onderbroek of panty dra, want jy weet nooit wanneer jy in ‘n ongeluk gaan beland nie.
Nadat ons evidence ontvang het, wil ons graag ‘n tweede reel byvoeg: Moet nooit met ‘n fokken 25 liter drom verf op jou agterseat rondry nie.
Hierdie ongeluk het verlede Donderdag by die St John’s Bridge gebeur. Die ouens het hulleself wit gesrkik. Die ambulans se bestuurder wou glo nie dat die paramedic die ambulans verlaat om die mense te gaan help nie, want sy kon nie ophou lag nie. Hy het haar getune dit sal baie onprofessioneel wees.
Ek moet erken, ek sou self op die grond rondgerol het asof ek ‘n kilogram bergbiesies gerook het as ek op hierdie blare afgekom het. Check hierdie arme dudes uit. Hulle lyk darem of hulle niks gebreek het nie.
Isidingo? Hulle was seker oppad na ‘n shoot toe.
Watkykjy staan op 3,103,156 post views in totaal sedert 1 November, 2019.