Baie van julle het al die movie The Aviator gespeck. Hoewel ekself nie ‘n moerse fan van Leonardo die Capricorn is nie, moet ek wel toegee dat die ou die hoofrol van Howard Hughes puik vertolk het. Die movie is heel cool gedoen en dis baie reassuring om te weet dat daar mense is wat maller as ek is. Ek sal dit smaak as Hollywood besluit om ‘n opvolg te maak van die fliek, aangesien The Aviator net so paar jaar van die dude se interesting lewe gecover het (ja dis gebaseer op ‘n storie uit regte lewe jou blinking kanaalbaber).
Mens kan ook nou nie ‘n 38 uur movie gaan staan en maak nie. Een Lord of of The Ringsting is klaar genoeg, baie dankie. Ek deel graag so bietjie ekstra info met julle aangaande hierie crazy son-of-a-bitch se bizarre lewe. Ek mag dalk dele mention wat in die fliek ook was aangesien ek ‘n bottel wyn geklap het op een van Nigerië se koudste wintersdae (26 grade Celcius) terwyl ek die DVD gekyk het.
O nee sorry, dit was nie winter nie. Ons het twee seisoene hieso: warm en poeswarm.
Howard Hughes se pa (Howard Huges Snr) was ‘n fokken ryk bliksem gewees wat een of ander moerse drilling tool gepatenteer het en baie skille ingehark het daarmee. Junior ma en pa het ge-peg toe hy nog ‘n laaitie was en hy het $17 miljoen inherit. Dit was hier in 1925 rond. Weet julle hoe poesbaie geld $17 miljoen moes gewees het daai tyd, want ek het geen fokken idee nie! Ek seker mens kon like Frankryk, Spanje en maybe ‘n pakkie chips daarmee koop.
Hughes het al sy zak gevat en Hollywood toe gemission om ‘n movie producer te word. Daar het hy onder andere flieks gemaak soos Hell’s Angels, The Outlaw, Scarface en ook ‘n string bekende chicks gezaber soos Katharine Hepburn, Bette Davis, Gene Tierney, Jean Harlow, Jane Russell, Ava Gardner, Elizabeth Taylor, Marilyn Monroe en Zsa Zsa Gabor om maar net’n paar te noem. Besige mannetjie. Kan half verstaan hoekom hy sy kop begin verloor het. As hy vandag nog gelewe het, is ek seker hy sou amper al die modelle en glamour girls gegryp het. O ja, en daai nca Italian chick van Desperate Housewifes. Heeey pappie!
Sy lewe gaan verder aan met involvement in amper al die aspekte van aviation soos toe hy TWA gekoop het en die eerste Trans-Atlantic flight gedoen het. Julle maak ook seker uit van die plane crash waarin hy was soos hulle dit in die fliek depict het. Amper alles in sy lyf gebreek en so paar minor snye op sy gesig gekry. Hy het so simpel snorretjie begin kweek om ‘n klein sny op sy lip te cover. Hieso het die bra bietjie begin draks vat om die pyn te baklei, maar ek dink dit word ook alles in die fliek gecover tot en met waar hy die Spruce Goose, so fokken huge Hercules aerie aan die einde opstyg. The Simpsons het ook al ‘n episode gebaseer op Hughes en sy Spruce Goose. Dis daai episode waar Mr Burns rondloop met tissue bokse op sy voete, in ‘n hotelkamer bly en die Spruce Moose aerie bou en so lekker simpel en mal raak en dooie voëltjies by die venster uitgooi.
Ek dink actually dat Hughes in regte lewe bietjie meer crazy was as wat Mr Burns ooit sou kon wees. Dink maar aan die deel in die movie waar hy kaal bly in ‘n kamer virre paar weke en sy eie pis in melkbottels versamel. Af soos brood. Lang hare, baard, naels en toonnaels. Lyk soos daai boemies in Londen voor die shops. Ten minste het die boemies daar darem hondjies. Hughes het met sy pis beginte diskoers voer. Na al sy aerie eskapades het die man betrokke geraak by die CIA, Richard Nixon en die hele Watergate fokop, moerse tax evations en die mafia. Hy het byvoorbeeld ‘n groot gedeelte van Las Vegas by die mafia gekoop. Ander stunts wat hy afgepull het was om ‘n mediese lab en navorsingsentrum te stig as ‘n tax-free besigheid, terwyl hy actually besig was om vegvliegtuie en allerhande kak aan die Amerikaanse staat onder kontrak te voorsien. Maybe doen companies dit in SA ook. Jy gaan om jou Discovery rekening te betaal, dan sluip daar sulke Impala pilots rond in die parking lot wat meneer Shaik se kar oppas.
Amerika se regering though, was Howard Hughes se beste client. Leker dik zak, want Amerika se hol jeuk mos gemiddeld elke twee jaar om een of ander land met ‘n onuitspreekbare naam so diep in die grond in te dryf dat daar olie uitspuit. Behalwe van sy dealings met die regering was Howard bekend vir ander dinge ook. Hughes was seker een van die bekenste mense met OCD. Dis daai siekte waar mense goeters obsessief oor en oor doen soos om jou hol like 80 keer af te vee na jy gekak het en dan ses keer om die bure se huis loop voor jy op hulle gras kak en dan weer jou hol 80 keer af te vee. Of so iets. Dit het meerendeels begedra tot sy vreemde gedrag en al die faktap goed wat hy aangevang het. Hy het byvoorbeel die Desert Inn Hotel in Vegas gekoop toe management hom wou uitskop. Lekker fokken gerieflik. Hy het ook TV stasies in Las Vegas gekoop sodat hy kan besluit wat uitgesaai moet word en tot watter tye in die oggende programme run omdat hy aan slapeloosheid gely het. Geen wonder mense in die media het begin spekuleer oor die perd se gesondheid toe hy sy lyf al skaarser begin hou het nie. Party het geskiem hy is terminaal siek, mal in die kop, dood of deur ‘n body double vervang. Ek dink nie hulle was ver verkeerd nie. Soos die storie my klink was die man terminaal siek in sy kop en kon tien teen een gedink het dat hy die Dalai Lama was.
Die man het obsessief geraak oor die grootte van ertjies en dit met ‘n spesiale vurk sorteer voor hy dit gevreet het, for fuck’s sake. Koek-koek! Die mal bliksem het ook ‘n klein groepie mense gehad wat omgesien het na al sy besighede en maatskappye. Terwyl hulle die relatief normale werk gedoen het, moes hulle ook al Howard se kak verduur het. Daar was ‘n company genaamd Baskin-Robbins wat banana-nut roomys gemaak het. Ek gooi so bietjie in my mond op as ek daaraan dink, maar dit was Howard se favourite flavour. Die dudes wat vir hom werk het hulleself amper toegekak toe hulle uitvind dat Baskin-Robbins nie meer daai flavour doen nie. Hulle moes ‘n spesiale bestelling plaas sodat die company dit vir hulle kon doen. Die kleinste hoeveelheid wat Baskin-Robbins bereid was om te maak vir ‘n spesiale bestelling was 350 gallons en dit moes ingevlieg word van LA na Vegas toe. Wat maak Hughes ‘n paar dae na die order daar aankom? “Nee, ek like nou net fokken vanilla ice cream. Bietjie moeg vir banana-nut. Bana-nut is so last season!” Jare later sou die arme staff, hulle familie, bure en vriende apies met slap handjies kak, want 350 gallons is kontbaie banana-nut roomys om te verorber, maak nie saak hoe fokken groot jou lepel is nie. Daar gooi ek weer bietjie op in my mond.
Howard Hughes is eventually dood op die ouderdom van 70 in 1976 op 5 April. Dit was op ‘n aerie oppad hospitaal toe, so die man was nogal ‘n hard-core aviator tot die bittere einde. Omdat hy al hoe meer van ‘n crazy kluisenaar geword het in die laaste 20 odd jare van sy lewe was hy blykbaar onherkenbaar vir mense wat hom op ‘n stadium geken het. Die enigste manier hoe hy uitgeken kon word, was deur middel van vingerafdrukke op aandrang van die FBI. X-strale het ook gewys dat daar afgebreekte naalde in sy arms was. Natuurlik van al die hardcore draks en codein en shit wat die ou gevat het op ‘n daaglikse basis.
So het Howard Hughes – eens op ‘n tyd die rykste man op aarde – aan sy einde gekom. Huges Aircraft is deur sy mediese research sentrum vir vyf biljoen dollar aan aan General Motors verkoop in 1985. Al sy ander assets ter waarde van meer as twee biljoen doller is opverdeel tussen 22 van sy cousins en hulle het fokol tax daarop betaaal.
Het julle enige idee hoeveel twee biljoen dollar is? Dis ‘n fuckload meer as $17 miljoen, dis verseker!
Watkykjy staan op 3,074,329 post views in totaal sedert 1 November, 2019.