Hi,
Ek het n foto van die zefste van zef Opel met ‘n springbok inspirasie paint job en Panjo die tier se vel as interior wat ek graag met julle wil deel. Die bestuurder is ‘n karakter met kort moue en n giftige vleiskuif (moontlik Panjo se pa). Hey, en sy stukkie kan ook waargeneem word op die foto. Lekker Vanderbijlpark.
Jurie
Hierdie post is 93 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 1,198,325 post views in totaal sedert 1 November, 2019.
Share dit faktap
Comments
Eish, dit was 'n Manta voordat die Yskor kokkelol hom verkrag het
Lyk soos 'n ou Opel Mantra…of Manta..kan nie meer lekker die naam onthou nie.
Dit lyk of dit eens op 'n tyd in sy lewe 'n Opel Manta A was …
http://en.wikipedia.org/wiki/Opel_Manta
Dis 'n Manta. Maar hulle lyk slegs zef as jy hulle mieliestronkkleure verf…
Opel Manta… kakskurf, qualify vir die volgende Parow music vid.
Dit julle zef koppe is `n OPEL Manta……
71-72 model….. Help om in die vuildriehoek te bly…..
In Vuilbylpark was die manne nie hul karre as dit vuil is nie- hulle re-spray!
Die bra het nog 'n girly ook by hom, sy gee seker kopkoue op die eerste date lekker flippen zef
Ek dink ons het bevestig dis n Opel Manta. WTF?
In case julle kokkelolle een wil koop:
http://capetown.gumtree.co.za/c-Cars-Vehicles-Motorbikes-Parts-cars-R35K-1975-Opel-Manta-1-9-A-T-Coupe-Rare-Find-W0QQAdIdZ239840358#
Ek moet dalk seriously oorweeg om een te koop, siende dat ek van fokken V-Town af is.
sal like om jou te meet griff…. siende dat ek ook van v-town is…. wa suip jy gewoonlik…..
Classic vdpb styl. Die wol en slegte harde ou techno en terug gekom na my. Eina.
Solank jy nie actually 'n griffin op die bonnet spraypaint nie is dit seker oukei? In Durbs in my laaitie dae het die chicks altyd langs die pad neergeval met hulle bene oop as 'n Oupiel Manta verby cruise…die fokken Kadett was die alternatief!
ek is ook van V-Town! En dis ek in die foto julle moederfokkers!
Kakhuis jy's nogals hot – uit daai angle lyk jy selfs bietjie soos Miss Vandervuilpark 1993…
Bokkleure op shampein agtergrond – werk vir my pappie…. Ja ja , daai geel is naby genoeg, die jakalaas se hart sit op die regte plek.
Jip. Opel Manta A.
dis n 1973 manta daai. 1600 of 1900 enjins gehad. as jy n v8 ingesit het kon jy die voorste sitplek losknip en dan as jy vining wegtrek check jy net jou sker se skoentjies oor die dashboard