Ontmoet die ouers

In Grapgat deur griffin

'n Vinnige joke om jou Donderdag minder hel te maak

‘n Jong meisie word genooi vir aandete by haar nuwe boyfriend se ouers sodat hulle mekaar kan ontmoet en haar senuwees kriewel maar so effens. Met die intrapslag kom sy agter dat liefie se ouers nie heeltemal ten gunste van die verhouding is
nie en dit maak haar nog meer gespanne. Die oom lyk fokken bedonderd kwadraat.

Aandete word bedien en almal gaan sit aan tafel. Kort voor lank kom die goose agter dat haar maag effens grom en borrel. Gelukkig hoor niemand anders dit nie, maar dit freak die chick effens uit. Die blomkool en broccoli bredie maak dinge nie veel makliker vir haar nie. Ten spyte van ‘n moedige poging om die inevitable poep in te hou glip ‘n dowwe “rrrrt!”. Niks ernstig nie, maar hard genoeg vir almal aan die tafel om te hoor. Voordat sy kans kry om te bloos laat hoor die boyfriend se pa vanaf oorkant die tafel "Wollie!" Onder die chick se stoel het die arme poedel le en slaap. Dit laat haar moerse verlig voel en effens skuldig.

Dis nie lank voor die compression van al die groente weer haar maag beetkry nie en die meisie knyp haar boudjies verwoed maar laat rip met nog 'n poep wat hierdie keer effens klap. So links van die g-string verby. Amper soos 'n chappie bubble wat bars. "Wolllie!" bulder die oom weer vir die poedel onder die chick se stoel. Die chick begin dit half amusant vind dat die arme wolhol hond heeltyd die skuld kry vir die broekhoese wat sy so drop soos atoombomme. Sy probeer om nie te giggel nie en met al die konsentrasie lat rip sy met 'n oordonderende "RRRRRRrrt!"

Die oom ruk sy moer, kom regop uit sy stoel aan tafel, bliksem op die tafel met sy vuis en skree: "Jissis, maar my fokken magtig Wollie! Kom uit onder daai fokken stoel voor die teef op jou kak!"

(shot, Johan)

Hierdie post is 326 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,735,039 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinOntmoet die ouers