Sienende dat dit amper fagga-kanzi tyd is, en ons weet julle Kykertjies like van diep in die bottel kyk, het ek geskiem julle moet julle Zaberskote en Naaikons uitruk en bietjie vir ons wys hoe julle daai 13de tjek goed deur die blaaie naai. Julle maak mos uit daarvan om julle soos maplotters te gedra, daai fokken vet oom van jou wat like om uit te paas langs die Weber met sy glas First Watch wat oral op hom uitgeloop het. Of jou tjomma wat onder die pool tafel le en slinger en jou hond violate. Dalk is jou baas 'n etter wat julle niks Krismis bonus gegee het nie, dan vat jy 'n paar kiekies van hom wat lekker afkophoender raak by die jaareindfunksie.
Ons maak sulke maaikies dik famous op die interwebs! Dan create jy vir jou 'n spoefie email adres op yahoo (dis free, naaier). sommer ietsie soos. jywaslekkerfaktap@yahoo.com en email vir hom die link.. Omdat ek alreeds so fokken bang is Mike Bolhuis en Bees Roux en Virgin Active se huilerige psycho analysis en vir die spook van Isabel Jones, sal ek die perde (of merries) se gesiggies mooi censor met WKJ brilletjies. Dalk leer ons ook iets in die proses, soos die broer hieronder, wat nooit weer sal gaan suip met 'n grumpy bruin trol in die hol nie.
Ja dis fokken lekker by die see! Ons maak sommer 'n kompetisie, soos op Margate se strand, maar in hierdie geval is dit nie Meneer Tarzan Tieties nie, meer soos Meneer en Mevrou Klaargelag.
Email daai lekker prentjies na brandbruggies@watkykjy.co.za
Watkykjy staan op 3,084,302 post views in totaal sedert 1 November, 2019.