Jy vra jou tjommie wat toevallig heel vlytig is met ‘n tattoo gun om vir jou ‘n next level prentjie te canvas. Jy is half onseker maar jy het besef dat jy jouself mooi opgewerk het en vertel het dat jy fokol bang vir naalde is. Die saak is reg, so stap een is gecover. No Fear. Net soos die sticker agterop jou leeukots oranje Chico.
Julle gesprek mag dalk ietwat soos die volgende verloop (kom ons noem jou tjommie sommer Mathew):
Jy: “Yes Mat, kan ek vir jou ‘n dop skink?”
Mat: “Sure, maak dit ‘n dubbel brannas en Fanta en drie blokkies ys.”
Jy (terwyl jy sy dop aangee): “Fok, weet jy, ek dink ek is reg om uiteindelik ‘n tattoo te kry. Wat skiem jy?”
Mat: “Befok! So jy is nie meer huilerig nie?”
Jy: “Fok jou en nee, ek dink die tyd het aangebreek.”
Mat: “So waarvoor gaan ons?” (Mat trek sy latex gloves aan)
Jy: “Shit, ek weet nie. Ek het nog nooit eers fokken steke gekry nie, let alone ‘n tattoo. Jy is die pro. Wat stel jy voor?”
Mat: “Ek dog jy het daai girl geraps by Benoni Lake. Fokken loser. Jy maak uit van Die Antwoord, right? Ninja het mos so poesgroot Yin Yang tattoo op sy rug. Wat van so iets?”
Jy: “Jirre. Ek het daai chick ge-zaber. OK, maar ek wil nou nie vir Ninja copy nie, dan dink mense ek is faktap.”
Mat: “Ek tune jou wat – ons doen iets met ‘n bietjie van ‘n fokken variation tipe vibe. Ons klap hom nog steeds Yin-Yang, maar ons maak dit met, like fokken drake en shit en ons drop hom oor jou rug. Dit sal befok lyk!”
Jy: “Nouma kom ons fokken doen dit. Die chicks gaan slakstrepe om my gooi as hulle daai outjie speck.”
(Bzzzzzz! word die tattoo gun ge-kickstart)
Matt: “Kap ‘n sluk skoon vod. Hieso. Oor so twee ure is ons klaar en jy het befokte drake en shit op jou rug”
Twee ure gaan fokken stadig verby. Elke nou en dan kap jy nog ‘n sluk vod om die pyn op jou rug effens uit te doof. Jy daydream al klaar oor al die chicks wat jy by Dropzone gaan impress as jy jou fake Ed Hardy hemp afruk en jou Yin-Yang-draak tatoo aan die onskuldige wereld ontbloot terwyl jy soos ‘n mank poes dans op “Living on a Prayer” en saamsing – ‘n halwe sekonde uit. Soos op die movies. “Jissis”, raak jy hardop kwyt “hierdie tattoo gaan die fokken shit wees! Miskien moet ek self-tan kry oppad huistoe”
Matt: My suster het nog Insta-tan oor…
Uiteindelik is Mathew klaar met die hele storie en plak ‘n moerse verband oor jou rug: “Raait, hy lyk befok, my ou! Jy kan die verband na twee dae afhaal en dan smeer jy hierdie kak daaroor.” Hy stop ‘n botteltjie vitamin E salf in jou kloue.
“Dis naweek, ek gaan fokken duik!” tune Mathew en terwyl jy nog try opstaan fokof hy vinniger by die deur uit as wat Malema sy voet in sy mond kan sit.
‘n Pisgril skiet deur jou hele rugraat af. Jy vermoed onraad. Soos in heavy fokken onraad. Jy pluk die verband van jou rug af en soek ‘n spieel erger as wat die Joker in Batman een gesoek het. Jy kry een in die hande en check jou rug uit.
Die…
fokken…
POES!
Mathew het vir jou ‘n vet mielie droog in die hol gerol en ‘n 40cm piel op jou rug verewig. Allesbehalwe waaroor jy gevra het. Jy kan nou nie meer jou fake Ed Hardy shirt afruk nie. Niemand gaan jou wil naai nie. Nie eers SARS nie. Jy is in ‘n catch 22, want jy lyk soos ‘n poes met jou kak klere en soos ‘n groot piel sonder dit. Al waarna jy nou kan luister terwyl jy huil in jou kamer is Die Heuwels Fantasties: “Whaaaack sooeeeek piele vir Kersfeees!”
Jou buddy het jou opgefok for life…
Hierdie kak het toevallig regtig gebeur down under in Oz verlede week. Die man met die piel op sy rug het ‘n saak van “grievous bodily harm” oopgemaak teen sy kont van ‘n ex-vriend. Hier is ‘n foto van Mathew Francis Brady, die genius wat die enorme piel op sy tjommie se rug ge-tattoo het.
Check die true story hieso uit.
Somebody, give that man a fokken Bell’s!
Watkykjy staan op 2,931,883 post views in totaal sedert 1 November, 2019.