Piekies is snaaks. No offence maar hulle weet hulle is snaaks, anders sal hulle nie die heeltyd die sirkus join, of stoei of hulle eie feeste hou nie.
En deesdae moet mens eintlik sê dwergie, maar vir my is ‘dwergie’ nog meer fokken blind want in my boek dra ‘n dwergie ‘n klein groen jassie en n rooi punt hoedjie en het 'n kromneus. Kyk dis hoe ‘n dwergie lyk. Of is dit n kabouter, ek kan nooit die fokken verskil agterkom nie.
Die woord Piekie is cooler en glad nie so offensive nie. Byvoorbeeld. Kom ons sê ‘n bende klein mannetjies breek by jou huis in en steel jou paddastoele. Carte Blanche doen ‘n moerse exposé. Derek is nie daar nie maar daai Govender chick is daar wat altyd so met commen mense op die selfoon raas om jou te interview.
Jy wil nou nie soos n kompleet doos lyk voor die hele Suid-Afrika nie so jy weet jy moet jou woorde mooi kies.
Dan gaan jy mos nie lostrek en sê: “a team of small gewapende black dwergies het met n step ladder oor my pre-cast ossewawiel heining geklim en my mushrooms uit my tuin gesteel” nie. Jy gaan soos n fokken fool lyk.
So jy tune eerder: “so bende piekies het oor my muur gespring en is hier weg met al my tuinstoele en my golfbalposbus. Ek dink hulle was miskien te kort om my beams te trip maar ek kan dit nie met sekerheid sê nie. Al wat ek weet is ADT het nie uitgekom nie”. Niemand sal eers n oog knip nie.
Anyway die punt wat ek wil maak is dat piekiestoei baie meer entertaining is as regte rofstoei. Ons almal onthou dit en hierdie is ‘n tribute aan een spesifieke klein outjie.
Ek onthou altyd die dag voor die skoolkermis. As hulle die rides begin opsit op die rugbyveld. Daai kakkerige swings wat in die rondte swaai, die teacups en die flying saucers. At least het ons een jaar die Breakdancer gehad – dit was ten minste ‘n okay ride. Maar dis gewoonlik ook die dag wat hulle die stoeikryt begin opsit. En as jy in Benoni grootgeword het dan het Jan Wilkens, Jimmy Abbot, Mike Scutte, Danie Voges en Danie Brits saam met jou in die huis gebly. Dis soos stockcar racing en snorre. Die twee gaan hand-aan-hand.
En later op TV het jy die nuwe breed challengers van Pretoria-Wes leer ken. Die ouens wat altyd in die Porra-saal in Kwaggasrand teen mekaar compete het. Andre die Reus, Two Ton Tubby, Die Griek, Big John, Super Z, Skeleton, Doneld Sutherland en the Bodybraker van Nigerie wat n V8 met sy tande kon optel en n 8ton flatbed 20 meter ver kon sleep.
Ons skool was ongelukkig te bang om enige van die Catfighters uit te nooi. Maar as mens Saterdaemiddae na Interster op die bank lê en wag vir die rugby om te begin terwyl jou pa grassny – dan het mens hulle partykeer sien fight… die tannies wat rook… My Fair Lady, Golden Girl, die Groen Mamba en Daisy de Melker.
So toe ons hoor dat Little Mr T teen Humpty Dumpty te staan gaan kom by ons laerskool se kermis dink ek het ek amper in my kortbroek gekom.
Dit was opgeset as n wraakgeveg. Die twee stoeiertjies het drie weke vroeer by die Hyperrama in Delmas baklei en Mr T het die slegste daarvan afgekom nadat hy met n stoel oor die kop geslaan is toe hy nie gekyk het nie.
So met die rematch het hy het baie gehad om te bewys. Dit sou die grootse piekie geveg wees sedert Mr T met Mighty Michael by die Biltongfees in Potgietersrus afgereken het.
Ek was moerse amped om te sien hoe hy vir Humpty Dumpty oortjies gaan aansit. He-he-he… oortjies… maar dit was nie meant to be nie. Hy het nooit vir die kragmeting opgedaag nie. Die Rapport het n storie gerun daai Sondag oor die dood van Little Mr T. Niemand weet tot vandag nog wat gebeur het nie. Vir jare het ek hierdie klein piekie op TV gevolg, vir hom ge-cheer en as gevolg van hom het my ma se scatter cushions afgekak.
Hy was ‘n klein 75cm legend en sy regte naam was Silo Mabojana – RIP Little Mr T. Jy het skoolkermisse en Saterdaemiddae baie beter gemaak.
Watkykjy staan op 3,084,032 post views in totaal sedert 1 November, 2019.