More-more seuns en dogters.
Zefshop.com (Watkykjy se online spaza) se deure het gisteraand oopgemaak en jy kan kan 'n hele klomp zef goedjies aanskaf. Ons sal nog stuff bysit soos wat die bands hulle merch aanstuur en mense hulle zef produkte voor ons deur los en wegjaag.
Zefshop.com is die official merch-mense in SA vir Die Antwoord se kleertjies ook. Van die ander products wat jy kan bespeur sluit onder andere in Foto Na Dans se CDs en shirts, al die nie nuwe Watkykjy kleertjies, KOBUS, VOD, Terminatryx, Bloedskande, Julius Malema kakpapier (two ply nogal) ens ens.
Ons ship vir eers nie na die overseas toe nie, maar ons is besig om planne te maak vir mense wat dit request, so julle expat ouens kan ons 'n mail drop as jy baie huilerig is en MOET koop.
Gaan check die Facebook page ook uit.
Ons gaan elke nou en dan kyk na so paar van die interesting mense wat hulle stuffs daar smous. Ons spring hierdie week weg met Blink Stefanus, die helmet kop outjie wat nog nie 'n lyf het nie. Lees daaroor net onder hierdie befokte banner:
"Waar mens iets koop is net so belangrik soos die iets wat mens koop. As jy ‘n zol koop gaan jy dit koop by die dominee of by die rasta wat nou net van Lesotho af terug gekom het. As jy ‘n kidney gaan koop gaan jy dit op ‘n straathoek koop of by die private hospitaal. So is dit ook met Blink Stefanus. Ek het vir lank gesoek en gewonder oor die plek waar ek Blink Stefanus wil stock. Daar was ‘n paar shops maar ek wou nie deur die channels nie en het sommer self my t-shirts op hulle rake gaan plaas. Ek noem dit reverse shoplifting. Ja ek is gevang by ‘n shop maar hulle kon fokol doen – ek het mos niks gevat nie. Hulle kry iets for free! Toe eendag op ‘n reendag vertel ‘n vriendin vir my van Griffin. Toe sy my meer vertel van sy shop het ek geweet dis die plek vir Blink. Ek het met Blink gepraat en hy het saam gestem. Zefshop.com gaan vir Blink fokken famous maak. Die mees famouste logo in die wereld – selfs meer famous as die Coca Cola logo.
Dis eintlik nou eers die begin vir Blink Stefanus. Op zefshop.com kan mens BS t-shirt koop maar BS is nie net ‘n fashion brand nie. Ja eks besig met ‘n onderklere range, koppies, belde, ringe, ens te maak. Blink Stefanus is sterk genoeg om op enigeiets te verskyn. O en hy is ook Suid-Afrika se eerste superhero. Omdat hy nie ‘n lyf het nie brainstorm ek nog oor wat sy magic powers gaan wees.
Waarvoor staan BS? Wel niks dieps soos ‘Just do it’ nie. Nee hy’s easy going, chilled en volg die ousie se raad wat hom help grootmaak het – Don’t be a drol. En ja die line is registered."
Watkykjy staan op 3,110,955 post views in totaal sedert 1 November, 2019.