Mense het meer en meer begin vra oor die Watkykjy skippies van ouds en hoe om hulle in die hande te kry. So ons het ‘n klomp gemaak, maar toe besluit om ander blare ook kans te gee om hulle stuff te smous.
Ons maak binnekort ons zef interweb winkeltjie oop met so paar items. Miskien nog so vinnig as more oggend. Ons soek net die sleutel en die “welcome” mat. O ja, en daai porselein mexican wat so teen die kaktus slaap. Ons sal die klok vir die opening nog voor register periode kom lui hieso.
Hier is so voorsmakie van so paar van die goeters wat jy sal kan aanskaf. First come, first serve soos die rooinekke altyd tune:
Hierdie post is 591 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,064,718 post views in totaal sedert 1 November, 2019.