Maats,
Ek wil ernstig met julle gesels. So nou en dan kom ons juweeltjies af sover dit die Suid-Afrikaanse intertubes betref. Vibes soos Corrie Botha se computerized disco, Henry se Hardekool kampvuur stories en dies meer. Ek gaan nou maar die outjies 'n solid doen wat nie vandag saam met ons op Twitter gespeel het nie. Die trane het gerol.
Ons het die coolste fotografie website in Suid-Afrika se geskiedenis ontdek. Hierdie is so 'n next nevel vergestalting van mad Photoshop skilzz en fotografie dat ek nie eers gaan foto's plaas nie. Net een woord kan dit raak omskryf: FANTASTIES!
Julle gaan ure se genot hieruit put, so as jou Dinsdag boring is soos liedjies om die kampvuur, fear not. Ons bied vir julle met trots aan:
Gemini Models – "A porthole to the modern world"
En as jy daarmee klaar is, skiet deur na Gemini Solutions toe.
Nee fok, ek lieg. Hier is vir julle 'n teazer:
Watkykjy staan op 3,110,464 post views in totaal sedert 1 November, 2019.