'n Watkykjertjie het hierie outjie vir ons aangestuur uit sy inbox
Ek het vir my Kleinboet gesê ons kort n Inry-teater (Drive-in) in die Kaap, maar die feit dat dit reen in die winter, en eers te laat donker word in die Somer neuk my planne rond.
Hier is sy reply – classic:
Jy kan aktyd die inry binneshuis maak? Hier is die besigheidsplan:
Koop 'n ou biscope, en sit 'n stuurwiel agter een van elke blok van 4 stoele. Verkoop die kaartjies in stelle van 4, al is daar net twee mense in die groep.
Sit 'n jungle-gym en swings reg voor die screen, en vervang die popcorn, whispers en slush puppies by die kiosk met footlongs, dagwoods, en koue burgers en bedien met semi deurskynende tamatiesous en mosterd.
Haal die dolby uit, en vervang dit met 400 nat 3 watt Tempest speakers wat los lê in lee koffieblikke, en sit almal aan die regterkant teen die muur af. Wys twee flieks na mekaar en speel tussen in vir 45 minute lank kak songs uit ou flieks soos, "Take my breath away" , "Power of love", "Hungry eyes", "Chariots of fire" en duete soos "Up where we belong" en "…now that we're living… seperate lives", teen top volume sodat die speakers kan kraak.
Laat 500 motte en 1000 reismiere per dag los in die biscope. Ruk die matte uit, en gooi gruis en hier en daar 'n ou kondoom, en sit die voetliggies in die gangetjie af, sodat mense hulle knie kan stukkend val.
Skuif die toilette 400 meter verder weg, en verwyder die papier en air freshner. Bedek die vloer in 3cm diep verdunde piepie.
Instaleer 3 verskillende soorte toeters in die projektor hokkie. Tape twee van daai king size maglights aanmekaar en flits hulle elke 4 minute op die screen. Druk hulle beurtelings die toeters en skree dan 'Fokooooofff!!'
Sit die krag 10 minute voor die einde van die laaste movie af. Wag dan 'n halfuur, en jaag dan die mense huistoe met 'n megaphone. Se jy is jammer maar die lektriesjen se hy slaap al.
…jy kan nie verloor nie!
Cheers,
Nic
Watkykjy staan op 3,084,151 post views in totaal sedert 1 November, 2019.