Ons het so twee maande terug secretly begin werk aan ‘n online shoppie waar jy allerhande lekker goeters kan koop – onder andere so paar Watkykjy shirts. Daar sal so 5 verskillende kleure wees vir die Watkykjy range in verskillende groottes en so 6 verskillende designs. Dan vir die Watkykertjies wat hulle kinders bietjie wil opzef, het ons 3 verskillende designs vir kiddies ook.
Die skippies is op die oomblik by die printers en ons kry dit binne die volgende twee weke een of ander tyd. Ons sal dan die shop se intertube adres bekend maak en foto’s vandie actual shirts ook hier kom looi. Ons vat ons tyd want ons bring goeie kwaliteit uit, kompleet met befokte labeltjies en alles. Niks van daai meelsakkie vibes nie.
Jy sal so paar bands se CDs en shirts ook kan koop. As jou band ook wil merch smous, drop ons ‘n mail en ons stof vir jou ‘n rakkie af in ons ou winkeltjie langs die porseleinhonde en die blou ballas.
Hier is ‘n heavy rofweg voorsmakie van so paar van die Watkykjy designs solank:
Watkykjy staan op 3,083,756 post views in totaal sedert 1 November, 2019.