Uiteindelik het ons deur alles gewerk en besluit op 5 finalists in plaas van 4. Hoekom het dit so lank gevat? Want omtrent een sekonde nadat die kompetisie gesluit is, het ons 300 e-mails gekry van mense wat wou weet of ons al die wenners gekies het. Jy weet, mense wat nie kan lees nie.
Hier is min of meer hoe dit gewerk het. Watkykjy het 10 finalists gekies en Funky Fridges het 10 finalists gekies. Uit daai klomp uit, het 5 favourites gesamentlik overlap. Dis hulle wat ons gekies het op die ou end.
Funky Fridges sal die wenners se name aan Watkykjy bekend maak omdat ons hierso nie weet wie die fok die ouens is wat deur Funky Fridges se website ingeskryf het nie. Vote regs bo by die stempaal vir jou favourite nommer soos hulle hieronder aangedui is.
Ons besluit is finaal en huilerige korrespondensie of comments sal bloot ignore word. Sterkte aan die laaste 5. Drie van julle gaan elk 'n lekker prys wen, wat noodwendig beteken dat 2 mense gaan wegstap met 'n ronde nul waarvan ons die buitelyne uitvee.
Click op die image om dit lekker groot te sien. Dink mooi voor jy vote. Ons weet jy kan.
Watkykjy staan op 3,091,300 post views in totaal sedert 1 November, 2019.