Oppikoppi is nou al sestien jaar oud. Dit beteken dat jou kind wat jy by die eerste festival verwek het by daai dronk goose in die tent een oggend toe jy gerook was, nou al begin skelm rook en drink. En af en toe jou kar se sleutels zop om te gaan games speel by die kafee omdat jy te sleg is om vir hom ‘n Xbox te koop.
Die sondes van die vader… Hoop nie die alimony naai jou te hard nie…
Maar genoeg oor jou vir eers…
Hierdie jaar gooi Oppikoppi hulle Sexy.Crooked.Teeth festival vanaf 6 tot 8 Augustus. Die 9de Augustus is ‘n Maandag en ook ‘n public holiday, so jy het ‘n hele dag om jou hoenderkop af te slaap en jou kak terug in die Uno te pak voor jy terugfok huistoe.
As jy nog nie by Oppikoppi was nie, maak ‘n fokken plan en slat uit soos masels. Hieronder is ‘n lang lys van ouens wat confirm is vir die grootste bosveld rock-jol in SA.
Check die Oppikoppi website uit vir meer details – die site lyk nie meer soos ‘n Eskom training video nie, so relax.
Een gelukkige Watkykertjie staan die kans op ‘n double ticket te score vir die festival. Ons gaan julle nie deur fire hoops laat spring of jou al jou pubes laat double rainbow kleur om die prys te wen nie. Dis poesmaklik:
1) Volg Watkykjy op Twitter (jy kan na die kompetisie weer unfollow)
2) Volg Oppikoppi op Twitter (jy kan na die kompetsie weer unfolow)
3) Ons randomize ‘n Watkykjy Twitter follower met Twitrand en crossheck of die ou wat gekies is Oppikoppi ook volg op Twitter en dat hy dit at least op eie stoom kan maak tot by die festival, andersins hou ons aan randomize om iemand te kies wat aan die vereistes voldoen. So as jy ‘n grapgat is wie se location as Londen aangedui is terwyl jy eintlik in Van Der Hoff Weg bly in Pretoria-Wes, move ons aan na die volgende ou,
4) Wenners word sover moontlik Maandag 26 Julie of Dinsdag 27 Julie gekies, lunchtyd se kant, afhangende van die graad van kak wat die fan strike op Maandag. Mens kan Maandae (en Seacom) fokken nooit vertrou nie.
5) Die prys is een double admission ticket, m.a.w die wenner en sy nuutgevonde beste maatjie. Die tickets is 900 skille werd en is glad nie transferable nie, so jy kan nie vir Piet Poeshoes en Sannie Suikersnoek in jou plek stuur nie.
6) Ons gaan die wenner per e-mail kontak en ID nommers en selnommers aanvra sodat Oppikoppi se mense julle kan ID by die hek.
7) Soos met die dood, is ons besluit ook finaal. Ons treat huilerige e-mails soos mens huilerige e-mails treat.
Hieso is Jack Parow om jou te tune oor Oppikoppi:
Wie makie jol vol?
7ft Soundsystem
Architecture of Aggression
Audiophile 021
BillyTalent
Biscope
Blunted Stuntman
Boom Monk Ben (UK)
Chromium
C-Mon & Kypski
Culoe de Song
Cortina Whiplash
Dance, You’re On Fire
Dead Alphabet
Die Heuwels Fantasties
Die Tuin Dwergies
Digital Rockit
Facing the Gallows
Flash Republic
Funafiju
Gangs of Instrumentals
Gemma Ray (UK)
Gordon’s Suitcase
Grave Danger
Haezer
Hot Water
Jack Parow
Jullian Gomes
Kid Fonque
Killer Robot
Knave
Kriger
Les Javan & Non Spesifiek
Lucky Fonz III (NL)
Markus Wormstorm
Mind Assault
Mr. Sakitumi
Musical Chairs
Namuh
New Holland
P.H. Fat
Pestroy
Prime Circle
Rambling Bones
Rhutz
Richard the Third
Schalk Joubert Band
Sisco
Straatligkinders
Strings and Skins
Son of a Thousand Blues
Spit Munky
Southern Gypsy Queen
Taxi Violence
The Makabra Ensemble
Terminatryx
The Narrow
The oh so Serious
The Wedding DJ’S
Tumi
Van Coke Kartel
Voice Tag
Voodoo Child
Yesterday’s Pupil
Zebra & Giraffe
Watkykjy staan op 3,092,675 post views in totaal sedert 1 November, 2019.