Oppikoppi: Sexy.Crooked.Teeth – 6 tot 8 Augustus, Northam. Suid-Afrika se grootse music festival.
Behalwe van al die baie befokte bands wat jy kan kyk, kan jy die volgende dalk beleef as jy nie te veel gekettie raak nie:
- ‘n Lekker naweek in die bosveld weg van jou werk af en daai doos van ‘n baas. Jy kan bietjie son vang vir daai kaklelike wit borskas en bene wat jou stukkie arch eyes gee as jy die covers wegtrek om te zaber.
- Jy gaan lekker kos graze.
- Jy gaan fokken weird goed en weirder mense sien.
- Jy kan bietjie camp. Jy bly in Afrika. Geniet bietjie die buitelug. Wat is nou lekkerder as om ‘n vuur te sit en geswaai te te raak en kak te praat met jou tjommies? Wel, seker baie dinge. Soos naai byvoorbeeld. In die tent. Terwyl jou dronk tjommie sy plakkies sit en brand terwyl hy Ricky Louw drink. Dan maak jy sulke lekker aapgeluide op fyndraai. Dan is jou dronk tjommie so jaloers en stuff. Wanneer laas het jy dit gedoen?
- Mens maak altyd nuwe vriende by Oppikoppi. Soms kwaaivriende, soms friends for life. Dit hang maar van jou attitude af, ou perd. Jy mag dalk even die persoon van jou drome ontmoet. En kinders maak.
- Baie mense het al kinders gemaak by Oppikoppi. Van die eerste festival se offspring loop al klaar op die sherrif se plaas rond soos mak hoenders.
- Baie mense het al ‘n nuwe job gescore. Jy kan lekker dronk netwerk. Party mense het al selfs besighede begin as gevolg van Oppikoppi. Die brainwaves kom mos uit as mens gerook of geswaai is. Mos. Dis indirek Oppikoppi se skuld dat griff in Nigeria uitgeslaan het. Een van die minder goeie brainwaves.
- Jy gaan sterre sien. Sterre in die lug. Sterre as jy met die grond connect. Sterre van hot bokkies in bikinis en skinnerbroeke.
Wat jy nodig het:
- Die Oppikkoppi website vir band line-ups, fotos en ander inligting.
- Kaartjies vir die festival, ‘n lift of jou eie kar met genoeg petties. Sit sommer nou leave in vir die Vrydag. As jy nie kan nie, staan Saterdag oggend fokken vroeg op en ry deur.
- Tunes vir die pad en ‘n paar lekker snacks. O ja, en los die zol en onthou jou liksens vir die roadblok.
- ‘n Tent met slaapgoed of at least ‘n fokken harde rug as jy gaan uitpass. Gemaklike ou skoene en ‘n warm dingetjie (ouer as 18 as julle gaan pomp), ‘n baadjie en summertime siwwies vir deur die dag. Oppikoppi raak warmer as Pamela se voorste boude deur die dag en kouer as Hitler se hart deur die nag.
- ‘n Beursie met zak. Vir drank, kos, t-shirts, drank, CDs, die craft marktet, drank, die stalletjies, drank en drank.
- Effies – wrap jou fokken gorgonzola, ou dikpiel.
- Basic voorsorg as jy vermoed dat jy gesteek gaan word: antihistamien vir bye, ‘n cap of suntan lotion vir die son, Band-aid vir dorings. Ons het reeds effies genoem vir piele. O ja, en passop vir draaksteek. Heavy skaam.
- Kopseerpille en lewerpille. Drink poesbaie water voor jy gaan slaap as jy daartoe in staat is.
- ‘n Glimlag – geen gemoedsbekakkings nie, asseblief.
- At least ‘n tandeborsel en ‘n blik deodorant (om godsnaam)
Vir die first timers:
Jy kan jou hele kar vol camping gear, tafels, stoele, gas stofies, eetgerei, couches, viennas, bully beed, baked beeans, eiers, skottelgoed, beskuit, cereal, melk en 2 minute noodles pak as jy wil. Onthou net – Maandag na die groot party moet jy al daai kak terugpak. Teen daai tyd het jy nie meer ‘n stem nie, jou brein is vrot kaas, jou hangover hang halfpad uit jou hol uit en jy weet nie waar jou selfoon is nie. Al wat jy wil doen is om te fokof. Dis baie makliker om vir jou drie cheap meals te koop elke dag by die kos stalletjies. Maar miskien moet jy die eerste keer bietjie suffer, so voel vry om die kak advice te ignore. Onthou, daai Maandag is ‘n public holiday. Fok ja!
Hopelik sal jy meer tips en advice kry van die geharde Koppi-ganges in die comment section hieronder ook. Ons kan nie heeldag so met die lepel staan en voer nie. Die son trek water.
Check jou volgende Saterdag bo in die Klein Bar. Moenie so rondstaan nie. Koop vir die mense ‘n fokken dop, man!
Hier is ‘n map. I’m on a horse.
Watkykjy staan op 3,056,584 post views in totaal sedert 1 November, 2019.