Haai!
Maandag is daar by twee huise in ons kompleks (Centurion) ingebreek. Twee huise se TV’s, Laptops, Playstations ens. is weggedra. Nou sit ek droebek by die huis en kan nie meer CNN kyk nie. Om een of ander rede is die ou voor die hek terwyl dit gebeur het en ons dink hy was besig om uit te kyk vir pote! Niemand in die kompleks ken hom nie, en hy is saam met die BMW M3 daar weg nadat daar gesteel is. Maar hy het nie die kamera gesien nie! of wel, hy het… maar bietjie te laat.
As ons hom kan opspoor kan hy dalk help om ons goed terug te kry – maar dalk was hy net deel van ‘n groep onskuldige mense wat rondstaan op ‘n sonnige dag, binne ‘n kompleks waar hy nie bly nie, wyl iemand anders wat hy nie ken nie – huise leegdra :- ) So ek beskuldig niemand….
Ons dink dit is ‘n sindikaat wat duur teater stelsels instaleer en dan 3 maande later inbreek juis omdat beide die huise teater stelsels gekoop het by presies dieselfde winkel in Centurion Mall vroeer die jaar. Hierdie ouens het ook met ‘n duur BMW M3 ingery, so dit is nie arm-lastiges nie. Ons dink hulle is alom bekend in die gemeenskap – ons weet net nie watter gemeenskap nie!
Hierdie perd sal heel moontlik die Polisie kan help om die misdaad op te los! (hy was 'after all' daar toe dit gebeur het!) As jy vriende in Gauteng het – stuur asseblief vir hulle – dalk herken iemand die perd! Hy het (oeps!) te laat gesien daar is 'n kamera….en toe (lyk dit my) begin dit eweskielik reen (die rede vir die kappie 😉 Help asb. om hierdie man die volgende Idol te maak in Suid-Afrika! THANKS!!!
Jaco
Do you recognize this individual? He may be able to assist detectives in the investigation of a house-breaking in Highveld, Centurion on Monday the 12th of July 2010. Please contact detective Selolo at Lyttelton Police Station Tel: 012-644-8600 Ref No: CAS 324/7/2010
Watkykjy staan op 3,090,629 post views in totaal sedert 1 November, 2019.