Hierdie is een vir die kreatiewe Watkykertjies of die Watkykertjies wat kreatiewe vriende, kenisse of familie het.
Ons run ons grootste kompetisie ooit op Watkykjy saam met die ouens van Funky Fridges. Die kompetisie sal hardloop vir ‘n maand lank en jy staan die kans om kiefpiele pryse ter waarde van ongeveer R7500 te wen.
Nou checkit – Funky Fridges maak jou ou faktap of nuwe blink yskas, vrieskas of barfridge next level. Kies vir jouself een van die designs wat reeds op hulle site beskikbaar is, tune jou yskas se size en hulle stuur vir jou ‘n DIY kit met alles wat jy nodig het. Jy kan jou yskas of vrieskas soos fokken enige iets laat lyk deur jou eie designs vir hulle online te submit: ‘n Bloubul yskas, Darth Vader, ‘n stripper op ‘n paal binne jou fridge wat met ‘n piesang speel, ‘n telefoonhokkie, District 9 prawns, die SA vlag, jou favourite band, ‘n groot boks melk, jou Ford Escourt se engine wat langs die eiers park. Fokken whatever jy wil. Gebruik jou verbeelding.
Hulle sort jou dan uit met die nodige stuff, courier of pos dit vir jou en jy sort dit self uit in minder as ‘n uur. Moenie worry nie, ons gaan nou vir jou videos ook wys van hoe alles inmekaar steek. Eers die kompetisie, die pryse en die reels:
Die kompetisie:
Dis fokken maklik – Kyk na die twee videos hieronder wat vir jou ‘n idee gee van hoe Funky Fridges se stuff werk. Design jou eie Watkykjy yskas. Wen poescool pryse. Ons het die Watkykjy fridge getune in like 35 minute of iets. Dit sluit drinktyd en rondfokkery in. Visit hierdie link om deel te neem aan die kompetisie. Onthou, jy moet die Watkykjy logo iewers in jou design gebruik.
Die pryse:
1. Eerste prys is lekker kief – WAARDE R4500
Die wenner vir eerste plek skraap hierie outjies:
- ‘n Hisense (of similiar) 230 liter fridge/freezer combo, kompleet met die volle wrap-around Watkykjy design soos gesien in die video hieronder OF die wenner se eie volle wrap around design wat die voorste kant van die yskas cover, sowel as die kante.
- ‘n Keuse tussen EEN van die volgende om jou nuwe Funky Watkykjy Fridge te stock:
– 4 kaste Castle OF Black Label OF Windhoek Lager bier PLUS Die Antwoord se nuwe CD (as dit al uit is teen daardie tyd), andersins ‘n zef CD van ons keuse.
– Twee bottels Ricky Lou en ‘n blikkie coke plus twee kaste bier soos bo genoem PLUS Die Antwoord se nuwe CD (as dit al uit is teen daardie tyd), andersins ‘n zef CD van ons keuse.
– Twee bottels Klipdrift en ‘n blikkie coke plus twee kaste bier soos bo genoem PLUS Die Antwoord se nuwe CD (as dit al uit is teen daardie tyd), andersins ‘n zef CD van ons keuse.
2. Tweede prys – WAARDE R2350
- ‘n KIC (of similar) bar fridge met ‘n keuse van die Watkykjy design (soos gesien in die video) of die tweede plek wenner se eie design, slegs vir die voorkant van die fridge
- Een kas bier (Castle/Black Label/Windoek)
- Een bottel Bells of Klipdrift
- Die Antwoord se nuwe CD (as dit al uit is teen daardie tyd), andersins ‘n zef CD van ons keuse.
3. Derde prys – WARDE +/- R550
- Die Watkykjy design of die derde plek wenner se eie design, slegs vir die voorkant van sy eie yskas wat hy reeds besit.
- ‘n Buddy Coke
Reels, regulasies, kak en hare en voorwaardes:
- Die kompetisie se submissions vir die designs sluit Vrydag 18 Julie 2010 om 12:00. Enige submissions na dit sal ingore word soos ‘n straathoer.
- Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil.
- Watkykjy sal designs op die site gooi soos hulle inkom nou en dan, om lesers te remind van die kompetisie.
- Jou design of submissions van enige aard mag ten alles tye op Watkykjy of Funky Fridges gebruik word as deel van hulle catalogue.
- Watkykjy of Funky Fridges kan teen enige tyd besluit om die kompetisie te staak indien daar volgens ons nie voldoende inskrywings is nie.
- Die judges van Watkykjy en Funky Fridges sal saam besluit op 4 finaliste, waarvan 3 obviously die pryse sal wen.
- Lesers van Watkykjy sal vanaf Maandag 19 Julie tot Vrydag 30 Julie kans kry om vir die beste designs te stem by wyse van Watkykjy se stempaal.
- Die wenners sal weet wie hulle is teen omtrent 1 August.
- Die wenners sal hule yskaste en dop by hulle naaste Mako gaan oplaai as dit buite die R150 delivery fee val. Funky Fridges sal tot en met R150 betaal vir Makro se delivery. Die fridges designs sal aan hulle gestuur word deur Funky Fridges.
- Inskrywings is slegs geldig via hierdie link om deel te neem aan die kompetisie. Moet dit nie aan Watkykjy mail nie. Ons druk shift+delete.
Right, hieso is vir julle twee videos. Die eerste een het ons vinnig aanmekaar geslaan terwyl ons die Watkykjy yskas uitgesort en brannas gedrink het en die tweede een is ‘n instructional video om vir julle te wys hoe fokken maklik dit is om jou kakboring yskas next level te vat.
Ons sal julle elke Vrydag net voor ons duik remind aan die kompetisie.
Jy check? Jy weet jy fokken soek een! As jy nie lus is om te wag vir die kompetisie nie, gaan bestel sommer jou eie een. Dis regtig nie duur nie en dit lyk befok.
Hier is die volle instructional video as die ninja te vinnig was vir jou brein:
Watkykjy staan op 2,932,037 post views in totaal sedert 1 November, 2019.