Kyk maats, mens kry kak ads op TV, radio en de interwebs en meer as dikwels gaan die boodskap verlore. En soms probeer adverteerders te hard met die booskap en baiekeer werk dit. Hier is vir julle ‘n voorbeeld van iets wat nie werk nie…
Ek weet nie wie met die copy vir hierdie ad vir Solidariteit opgekom het nie, maar een ding is verseker – daar was nie baie oortyd gewerk aan hierdie campaign nie.
Check die chick in die fotoverhaal hieronder wat kamtig oortyd werk. Hier kom so paar fails in waar Solidariteit hulle boodskap wil oordra. Maybe sien jy nog meer raak. Ek gaan net ‘n paar uitwys, want ek wil nie oortyd hieraan werk nie. Die mees obvious fail is dat die ding omtrent ses jaar te lank is, maar jy moet maar deur dit scroll. It cannot be unseen. Trek die waslappie en die bleach nader vir jou ogies solank…
- Kyk hoe fokken groot is daai klok op haar desk. Dis groter as haar fokken computer screen. Sal jy kan werk met so groot fokken klok langs jou screen of sal jy ‘n clock watcher wees? As jy vir die staat werk is jy defnitief een.
- Kwart oor vier begin sy daydream oor om by die huis te wees. Sy raak nie aan haar computer nie, Half vyf gee haar baas haar ‘n “berg” werk. 5 files wat sy klaarblykblik met pen en papier moet uitsort, want daai computer (langs die fokken huuuge klok) sien minder action as Bafana Bafana.
- Kwart oor vyf tune sy: “Kyk net waar staan die tyd! Ek sal maar wegneemetes moet kry”. Ja, ons kyk waar staan die tyd. Hy staan daar reg langs jou screen. Lewensgroot. Sit vir hom twee pedals aan en ry hom huistoe soos ‘n Penny Farthing. En kry maar take-aways hoor. As jy wil roast eet op ‘n Maandag moet maar 14:00 duik, hoor. Pappa gaan ongelukkig wees as hy 19:30 van sy eie graft afkom en daai McDonalds is koud.
- Dag 2 lyk ook nie moerse beter nie. Sy het sommer gister se klere ook weer aangetrek. En haar baas ook. Werksomstandighede kan nie lekker wees nie. Iemand sit sseblief ‘n fan aan dat daai Flings reuk bietjie kan rondwaai. Gelukkig trek sy die streep en bel haar verteenwoordiger. Sommer van die werk se foon af. Lekker na-ure. Sommer halfses.
- Daar word ‘n meeting gepul met die verteenwoordiger en die nare baastannie. Ek neem aan dis nou al dag drie want hulle het ander klere aan. O nee wag, hulle het net baadjies aangetrek oor die klere. Baadjies is baie blangrik vir meetings, hoor. En serpe, hoor. Maybe is dit dag twee. Miskien werk die verteenwoordiger ook na-ure. Sy gaan haarself seker na die tyd by die huis ook sien enverteenwoordig daaroor.
- In die laaste foto: Problem? No problem. 16:30 op die kop en daai comuter is sommer klaar af en ou clock watcher kan uiteindelik duik terwyl 90% Suid-Afrikaners nog by die werk sit en heel moontlik eers ‘n uur of twee later duik. At least kan sy nou ander klere gaan aantrek.
Ek kan nie wag dat hulle hierdie in ‘n TV ad omskep nie.
(shot, Gerhard)
Watkykjy staan op 3,118,563 post views in totaal sedert 1 November, 2019.