Nou die dag gaan koop ek 'n sak EPOL hondekos by Pick 'n Pay en terwyl ek so in die ry staan, vra 'n vrou agter my of ek 'n hond het. Sommer aspris, sê ek vir haar: Nee, ek het nie 'n hond nie – ek begin weer met die EPOL diëet.
Ek sien sy kyk my so snaaks aan, maar ek gaan aan: "Eintlik weet ek dat ek nie weer op die dieet moet gaan nie, want laas keer het ek in die hospitaal beland – wakker geword in die intensiewe eenheid met pype wat uit elke gaatjie in my lyf kom . Maar ek het 22kg verloor voor en dit was die moeite werd."
Ek vertel haar dat die EPOL dieet eintlik volledig voedsaam is met al die vitamiene
en minerale wat mens nodig het. En dis so maklik! Al wat jy doen is om jou broeksakke
vol te maak met EPOL nuggets en jy eet een of twee wanneer jy ookal honger voel.
Teen hierdie tyd luister al wat 'n persoon is na my storie – veral die ou wat agter die vrou staan.
Heel geskok vra die vrou my toe of ek in die hospitaal beland het van voedselvergifting.
Ek antwoord toe: "Nee, ek het in die straat gesit en my ballas gelek, toe trap 'n kar my"
Watkykjy staan op 3,084,443 post views in totaal sedert 1 November, 2019.