Brasse en ladies van die moerefokken eighties. Hierie is vir julle.
Imagine ‘n wêreld waar jy net een TV kanaal het en daar word net 6 ure per dag uitgesaai waarvan 95% van die programme kak is. Klink rof, huh? Spring amper 30 jaar vorentoe en net twee dinge het verander op SABC:
1) Hulle saai nou 24 uur per pag uit
2) Dis 98% kak
Darem kon ons BMX gangs maak en in die strate rondfok back then. En vandag is daar at least DSTV. Prys hom.
Ons kyk vandag na so paar programme van ‘n TV guide waarop afgekom het. Check hierie spiff outjie van September, 1981 uit. Sommer so uit die Huisgenoot uit. Lekker geel bladsye. Geel, soos Liewe Heksie se kwak.
Hier volg so paar van die programme van hierdie TV guide af:
Wattoo Wattoo
Check, back in the day het Suid Afrika al hierdie cheap-ass TV programme van die overseas af oorgekoop. Kak vir die kindertjies soos Casimir en natuurlik ook Wattoo Wattoo. Jy gaan dit miskien nie dadelik onthou nie, maar wag tot jy daai fokken creapy voëltjie se submarine geluide hoor, dan praat ons weer:
Kraaines
Tannie Karike was elke klein snotkop se beste buddy met al haar next-level sing-along song plate. As jy gelukkig was het jy ‘n Tannie Karike plaat op een of anderstadium vir jou jaarsdag of krismis gekry. As jy dit dalk gekry het saam ‘n lekker hempie met ‘n trein voorop – bonus points! Sy het ook Kraaines aangebied wat jy maybe sal onthou – een van baie fokken min local programme wat die SAUK in totaal gehad of vervaardig het, let alone kinderprogramme. Dit het ook ‘n hele klomp local actors se beroepe afgeskop, soos Casper de Vries en Karike Keuzenkamp vir ons in hierdie skets wys.
(Dit kom van Casper Rasper Season 3 af, by the way):
Derrick
Nog iets waarmee die SAUK fokken goed was, was om enige ingevoerde TV reeks soos ‘n oorgedubte B grade karate movie te laat lyk en klink. Ja-nee fok, Suid-Afrika het sy voice-actors gesmaak. Gesigte vir radio. Onthou jy Paul Eihlers? Hy was verantwoordelik vir feitlik elke oorgedubte mansstem. Dankie ou Paul. Dankie vir fokol.
Onthou jy shit soos “Onder Die Dekmantel” en “Spioen-Spioen”? En jy maak uit as “Franse” mense in Engelse reeks ‘n French accent gooi? Ja, uhhhm… Die SAUK het fokken DIT ook vertaal. Waar in jou fokken moeder se huisie het jy al ‘n full-on Franse vrou teëgekom wat Afrikaans praat met ‘n Franse aksent? Hulle het altyd soos daai heilsame Bokomo tannie van die Swartland se ge-brei geklink. Rrrg rrrrg rrg! Die fokken lot van hulle. “Bonjor misseeerrrgggg! Ek hou van manbottergggg.”
O ja. Jissis en die SAUK het die Duitsers gesmaak my bras. Ons was onderworpe aan stukkende stuff soos Die Swartwoudkliniek en Derrick. So gepraat van Derrick, hier is die man nou – aartappelneus en alles:
Jy check, ons het liewer net die intro musiek gegooi en fokol action. Kom ons wees nou maar eerlik met mekaar – daai tune is poescool. Jy sal like as jou favourite band dit cover, maar hoe minder mens daai aartappelneus in action sien, hoe beter.
Moemfie
As jy al ooit gewonder het hoekom Afrikaanse mense van girls se genotgrotte praat as “moemfies”, het ons die antwoord vir jou: hulle was lief vir ‘n sekere olifantjie terug in die 80s. Moemfie die olifant. So, wolscooters word toe sedertdien as moemfies aangespreek vanwee die liefde daarvoor, jy sien. Vir baie fokken obvious redes kon hulle die matrasbabers nie Redro noem nie, maak nie saak hoe lief hulle vir Redro was nie. Mens doen dit net nie.
True to SAUK styl het die ouens hulle eie Afrikaanse theme song vir moemfie geskryf. Ek kan nie baie daarvan onthou nie, maar ek onthou dat dit baie huilerig was. Asof die geleerdes daai tyd staight kennis oor die Dertigers toegepas het wat hulle op Potch geswot het. Gaan check op as jy my nie glo nie. Gaan check “Dawie die Kabouter” se oorspronklike theme song uit met subtitles. Dis fokken nice. Enter Afrikaans. Theme song se broek af. Piel in, piel uit. Repeat.
Anyway, ek dwaal van die fokken punt af. Die Afrikaanse tune vir Moemfie het met iets begin soos “Moemfie is ‘n olifant…” Baie fokken oorspronklik, Kaptein Vanselfsprekend. Good on you. Hierso is die rooinek version:
Hoop julle het hierie gesmaak. Ons klap julle later met nog 80s. Raak wys!
Watkykjy staan op 3,090,603 post views in totaal sedert 1 November, 2019.