Steri Stumpie is lief vir Watkykjy

In Aankondigings deur griffin

Steri Stumpie , die ouens wat die Wedding DJ’s (Chopper & SuperDeluxe 3000) se magies mooi line voor elke gig, het vir Watkykjy ‘n moerse lang liefdesbrief geskryf en toe sommer vir ons ‘n supreza in die pos gedrop:

steri1

Hulle timing kon nie beter wees nie. Chopper gaan bietjie by griff kom speel allie pad uit die Kaap uit vir so paar dae. Die maats sal ‘n oormat Klippies Premium geniet en vir die derde agtereenvolgende maand in ‘n ry dit weer nie regkry om ‘n zef podkak podcast te looi nie. Gelukkig sal ons hierdie outjies kan klap vir die babelassies. Hulle het ook ‘n klomp stickers en badges in die hampertjies gepak sodat ons die breinaktiwiteite tot op at least kleutervlak kan restore word na die suipsessie. Ek sal kan deal met kleutervlak. Hopelik kan mens ballas krap – ek kan nie so ver terug onthou nie.

O ja, die Wedding DJs gaan ook saam met Die Antwoord toer in SA in Junie. Ons sal julle nader aan die tyd al die details gee. Miskien so paar tickets ook weggee as julle al julle groente eet en agter die ore was.

steri2

(thanks vir die melkies, ouens. Gooi volgende keer sommer brannas ook in die pos)

Hierdie post is 277 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,146,953 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
griffinSteri Stumpie is lief vir Watkykjy