Op laerskool moes jou juffrou een of ander tyd 'n prentjie op jou desk neergesit het en jou gevra het om 'n storie op te maak oor wat in die prentjie aangaan. Hopelik was dit nie 'n vibe van "trek rooi kringetjies om die dele op die prentjie waar die katolieke priester aan jou ge-gaffel het" nie. Ek het vandag 'n foto in my inbox gekry en hierdie is seker die mees randomste round-about manier wat ek sal poog om te verduidelik wat in die foto aangaan. Actually gaan ek jou nie vertel nie. Jy moet self besluit. Kom ons naai jou brein.
Ter inleiding sal ons begin met 'n boring lessie. As jy nie daarvan hou om te dink oor stuff nie, moet jy nou maar 'n lyn sny. Andersins het jy miskien iets om oor na te dink. Maybe leer jy even iets…
Daar was 'n ballie in die 1940's gewees by name van Abraham Maslow. Baie mense het gedink hy is 'n slim omie terwyl baie ander mense gedink het hy is 'n kont. Die slim omie kont was 'n sielkundige gewees en het met 'n moerse teorie opgekom wat sense behoort te maak vir enige etterkop met meer as twee pitte in die upstairs. Dit verduidelik die mens se basiese behoeftes en jy kan alles in 'n pyramid in bliksem. Dit maak actually fokken baie sin. As mens kyk na die base van die pyramid sal julle seker saamstem dat die mees belangrike aspekte vir die mens om te lewe en te oorleef sal wees om: asem te haal, te eet, te drink, te slaap, een af ander tipe interne biologiese balans te handhaaf, te naai en te kak. Try bietjie om vir twee maande nie te kak nie. Wat gebeur? Jy fokken vrek. Daai basis van die piramide is fokken non-negotiable. Vat enige van daai outjies weg op level one en die mensdom se voortbestaan is gefok. Six love. Jy't 'n kafee game en jou 20 sente is op en die washers wat jy as backup wil ingooi omdat jy 'n skelm naai is, is gebuig. Dis donker. Die mensdom verander in 'n gemeenskaplike loser – die Lions, if you will. You're fucked, my friend.
Die ander levels van die Maslow piramide maak die res van menswees op. Daai levels is nie moerse belangrik nie. Jy kan lewe sonder dit, maar jy sal tien teen een nie baie lank lewe nie. Of maybe het jy daai levels maar dis so fucked soos 'n Tim Burton movie se visuals. 'n Fokken nagmerrie. Jou tweede level van sekuriteit kan byvoorbeeld so verwronge wees dat jy op die oomblik wegkruip met 10 jaar se Makro voorraad baked beans en deur 'n kakiebroek le en poep op een of ander koppie met wit kneukels wat 'n voorlaaier vasklem. In daai geval, naai hierie level jou boonste level met 'n suare piel in 'n ronde poes, want sien, jou boonste level sluit kak in soos die probleem met aanvaarding van feite, onstabiele moralitiet en 'n ongesonde oordadigheied aan vooroordeel (plein Afrikaans – om 'n total headcase poes te wees).
Ek gaan nou nie 'n detailed muffdive in die res van levels in vang nie – dit kan dalk net te next level begin raak. So ek teken vir jou 'n moerse eenvoudige prentjie van hoe Maslow se piramide veronderstel is om te graft. Jy kan hom self gaan uitprint en fokken lyne en shit op teken om dit vir jouself te verduidelik en dan op jou yskas of kakhuis se deur plak met Prestik. As jy oor basiese redenasievermoe beskik, behoort hierdie outjie vir jou soortvan sin te maak. At least meer sin as Malema.
Jy check? Ons kan dus maklik volgens Maslow se diagram aflei dat sekere elemente van sekere levels mekaar sal beinvloed. Ook dat elemente van dieselfde level op mekaar 'n invloed sal he. Doodeenvoudig gestel: as jy nie asemhaal nie (vir 'n lang ruk in elk geval) gaan dit byvoorbeeld redelik fokken moeilik wees om te naai, if not impossible. Jy sal miskien vir 'n ruk lank met 'n Chekers sak oor jou kop kan velle klap, maar kyk wat het dit daai ou van INXS in die sak gebring. Kaalgat reguit na die big concert in die wolke toe. Te veel van 'n ding is ook nooit goed nie. As jy heeltyd liefde en aanvaarding soek tot op 'n punt wat jy 'n bloue uitruk in Sunnyside vir 'n kopkou, stel jy level 2 in gevaar – die veligheid van jouself en jou huis. Fokweet, as jy heeltyd tender vir strikkiegriep in die strate gaan iemand eventually jou Diamond DVD player en kareoke masjien doodluiters by jou voordeur uitdra en met jou kruiwa wegry District 9 toe.
So jy weet nou hopelik wat die redenasie is agter Maslow se piramid scheme. Soos vroeer genoem, het baie mense nie saamgestem met Maslow nie. Ek skiem hy het die basis reggekry maar die benaming is net verkeerd – daar is byvoorbeeld fokol psigologies daaraan om 'n putty uit te druk nie, tensy daar 'n paar omies met swartraambrille in wit jasse notes met 'n HB potlood skribbel op 'n clipboard. Daar is ook meer onlangse events wat moontlik level 1 se bubble kan bars en dit is te danke aan hierdie blaar:
Hierie ou ballie lewe al glo vir 70 jaar lank sonder om te eet of te kak. Inderdaad next level. Ek vermoed dat die storie eerste deur koerante in die UK opgetel is so ons hoef onsself nie veel daaraan te steur nie. Die UK dink mos Suid Afrika kry nie tyd vir koerantlees tussendeur al die aardbwewings in Joburg en die machete race wars in die strate nie. Sorry Koninging Engeland – trek die ander fokken vinger. RRRRRRt!
Queue ou ballie: "Is daai 'n solid??" Om-njom-njom!
Die main gatkramp wat die geleerde mense egter met Maslow gehad het, was dat sy hele teorie geabasseer was op 'n studie van slegs 100 studente. Die bra het nie sy huiswerk gedoen nie. Hy het nie ander demographics ge-cover nie. Hy het nie ander nasies gecover nie. Hy het nie mooi gaan kyk hoe die lewe daarbuite werk nie.
En hy het verfokken seker hierdie ou ook gemis, want dit is net verkeerd op so baie levels:
Watkykjy staan op 3,063,909 post views in totaal sedert 1 November, 2019.