I love wors!

In Fokken Zef Videos deur griffin

Ek wil graag sien hoe die huilerige persoon wat in sy broek gekak het oor die Roman’s Pizza advertensie wat van die TV af verwyder moes word vir Youtube mail en smeek dat hulle dit daar ook moet afhaal. Dis maybe nie die beste ad op TV nie, maar fok my vlinderslag, dis ook nou nie jou top tipe ban-the-bra tipe vibes nie.

Jy gaan jouself nie vol tomato paste smeer en aan die konstitusionele hof se hekke vasketting nie. Al het jy net 1% tolerance vir humor, sal jy bloot jou skouers oplig aan aanbeweeg met jou lewe en daarmee deal. Jy weet, soos ‘n grootmens. Of jy kan jou hart uitstort in ‘n traanbevlekte brief aan die Advertising Authority en hoop vir die beste. Moerse, dis nou van die TV af.

Vandag sien ‘n extra 15000 mense dit Youtube.

Party mense se stokke sit sommer dwars in die poefenjors.

RRRRRRrrrt!

Hierdie post is 243 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,466,425 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinI love wors!