Weet nie of ek verbeel nie, maar ek dink elke Jan, Piet en Gerda het 'n bicycle vir Kersfees gekry. Die fokkers is oral. Vetgat wat in die cubicle langs jou sit daag nou deesdae by die werk op met sy ski pants en hartmonitor om die pens en fokken Lance Armstrong op sy desktop as wallpaper. Energade is nou die man se breakfast.Is daar iets in die water? Hy pull 'n puffy version van Clark Kent transformation en daar sit hy met sy das en bootse maar sy gat stink nogsteeds na sweet. Lunchtyd kom en hy lê 'n fokken eiertjie of twee oor hoe kak daai witbrood vir jou is. Wie de fok is jy, man? As jy wil lewe op daai funny USN Nesquik kak en wit skyt soos 'n mossie is dit jou storie – hou jou patatneus uit my kosblik boetman – netnou kou ek hom ook, sonder low fat mayo en met poes baie Aromat.
Nou line jy huistoe na graft, in 'n motor, soos wat mens doen in die stad. Almal doen dit, jy sien, want jy moet op fokken drugs wees om na 9 ure se kak en hare vir 'n fietsrit te wil gaan. Maar om die spitsverkeer, wat reeds kak is, verder te versuur, is daar 'n klomp krimpies met als behalwe vlyende outfits wat voor jou kar infok, oblivious oor enige van die tientalle karre wat mekaar almal opsize om 'n gap te slaan. Jy slaan net brieke, "Jissis Fok!". Amper manslag. Maar Ouma dink sy's op die final stretch van die Tour de France, so fok die res van julle.
Ek's nou moeg vir hierdie kak. My fok man, as jy R30000 kan rondtos vir 'n bicycle kan jy seker 'n membership by die gym ook bekostig. Ek verstaan jou persoonlikheid is kak en die enigste manier hoe jy parra gaan kry is deur jouself in 'n ripped naaier met silky smooofff bene te verander. Ek gee nie om of jou Barbie-looking bene meer mans jags maak as my girl s'n nie, want jy lyk soos 'n poes met daai stywe broekie. Gaan gym toe, daar is meer mense soos jy. Jy kan heeldag kaalgat gaan rondhang in die kleedkamers, dan vergelyk jy jou kuite en boudspiere met ander skewe naaiers s'n. Doellose oefening is 'n vorm van selfhaat – dis hoekom sport daar is. Gaan speel rugby, krieket, squash, surf, skate, BMX of rolbal as jy poeslui is. Hou op om voor my in te ry langs die highway. Ek betaal nie die tollenaar vir die paaie sodat jy met jou fiets daar kan gaan speel nie. Hulle bou die goed vir karre my bra. Ek weet Kramer tune jy moet baaisiekel ry as djy wil mooi boude kry, mooi boude en testikulere kanker. Sexy stuff.
So hiermee verklaar ek elke Vrydag "Fok jou Fietsryer"-dag. As die doos in die spitsverkeer voor jou inry, draai die ruit af en tune hom "Fok jou!" Maak net seker hy word nie gevolg deur swart Beamers met blou ligte nie, dan gaan hulle jou vol piele steek. Stuur my sommer 'n kiekie as jy kan, ek sal dit graag post, dalk sommer 'n six pack stuur. Een met naai baie calories..
Watkykjy staan op 3,110,465 post views in totaal sedert 1 November, 2019.