Suid Afrika het ver gekom as jy daaraan dink dat die laaste keer wat ‘n moerse klomp wit ooms in blou hempies Soweto verlaat het dit in Caspirs gedoen het.
Die stadium in Orlando is fokken nice en die atmosfeer was piele. Defnitief iets om te beleef, veral omdat ‘n moerse event in SA se geskiedenis was. Wat snaaks was, is dat die mense wat so gal gebraak het op die Afrikaanse nuus websites oor hoe fokken kak vuvuzela’s by die sokker sou wees, tien teen een dieselfde mense was wat die hardste aan die plastic horings geblaas het hierdie Saterdag. Dis nie so erg nie, outjies. In fact, dit klink pretty fokken cool. Heavy gees en so aan. Check die kort video hieronder.
Die highway na die stadium was ‘n backstreet aborsie. Vir die ouens wat die match op TV gekyk het en gewonder het hoekom die stadium so leeg gelyk het die eerste helfte – meeste spectators het in gridlock traffic bier gesuip en die match oor die radio geluister. As jy gaan kaartjies koop vir Saterdag se final tussen die Bulls en die Stormers is hier so bietjie advice: klim op die laatste 13:00 in jou kar as jy betyds wil wees. As jy te vroeg daar uitslaan, moenie worry nie – die naaste shebeen is minder as 1km van die match af en jy kan cheap Black Label quarts koop. Voor en na die match. Die locals is fokken vriendelik en sal jou met ope arms verwelkom. Andersins kan jy by die venue self vir jou ‘n sixpack Castle Lager koop. Buk net vooroor en vra jou tjommie om daai R100 uit jou hol uit te haal, want dis wat dit kos. Drank het mos nie ‘n prys nie, of hoe, ou grote?
Nog ‘n tip – as jy harregat is en 15:00 ry (soos wat ons gemaak het) gaan jy verfokkenseker die eerste helfte mis. As jy bier in die kar drink in gridlock traffic, gaan jy een of ander tyd in daai drie ure moet pis. Op die N1. Ek dink nie dat enige pad in SA al ooit soveel pis gesien soos Saterdag nie (behalwe maybe toe The Killers SA toe gekom het en almal in Kaapstad so moes pis – dankie Big Concerts).
Maybe is ons gelukkig hierdie Saterdag en die Metro cops skrik wakker en sort die traffic fokop ‘n bietjie beter uit. Anders gaan ons oor so paar dae wanneer die World Cup Soccer SA aan die toggos gryp met die helfte van Europa se pis om ons strate sit, en ons almal weet daai ouens drink en eet weird goed wat hulle pis erger as ons s’n laat pong.
Hier is dalk nog ‘n tip of twee wat kan werk – Computicket maak 08:00 oop vir die verkoop van die finals tickets. Blykbaar kan mens net 6 kaartjies koop per kredietkaart, so as jy meer as een kaart het, vat hom maar saam as jy vir jou tjommies en buurman gaan koop. Kry vir jou Park ‘n Ride tickets ook sommer. Dit maak die lewe baie makliker. As jy rol met ‘n smartphone, vat jou 3310 saam as jy een het – ‘n paar mense se fone is gedief.
Hierdie Saterdag is die fokken groot een. Speel vir hom wyd, pappie!
Watkykjy staan op 2,931,543 post views in totaal sedert 1 November, 2019.