DIE FLYING DUTCHMEN
(met Hannes Brümmer en Melt Sieberhagen)
Datum: 29 Mei 2010
Plek: Aasvoëlklub / Vulture Club (Bloemfontein)
Prys: R 45.00
Besprekings: 084 687 1213 / 084 559 8991 / 051 523 3604
www.vulture-aasvoelclub.com
Kaart: http://www.vulture-aasvoelclub.com/map.php
Dis eerlik. Dis rou. Dis spitsvondig. Dis Afrikaans. En dit is skreeusnaaks.
Die twee skerpste, vinnigste, flinkste, vuilste, skoonste, gesogste en mees aantreklike manne op die Afrikaanse komedie toneel bring uiteindelik hulle unieke humor Bloemfontein toe. (Die feit dat hulle so te sê die enigstes is, maak die uitdeel van byvoeglike naamwoorde so 'n bietjie makliker).
Hannes Brümmer en Melt Sieberhagen het hulleself die afgelope paar jaar gevestig as Suid-Afrika se voorste Afrikaanse stand-up komediante. Ware baanbrekers wat die trotste Afrikaanse storie- en grapvertel tradisies transponeer na die rou, ongesensorde wêreld van stand-up komedie.
Saam is hulle “Die Flying Dutchmen” en gehore van Pretoria tot Stellenbosch het al gelê soos hulle lag vir hierdie unieke vertoning wat bestaan uit oorspronklike, spitsvondige stand-up en verbysterende improvisasie komedie.
Soos 'n goed ge-oliede masjien betree hulle die verhoog en los die gehoor na 'n uur en 'n half met 'n nuwe uitkyk op die lewe. Anders as Angus Buchan, doen hulle egter nie huweliksbevestigings na afloop van die vertoning nie.
Saterdag 29 Mei, na afloop van die groot rugby. Met die kanse uitstekend dat twee Suid-Afrikaanse spanne mekaar op hierdie dag gaan takel in die Super 14 finaal, gaan jy beslis óf 'n rede hê om fees te vier, óf 'n rede om jouself op te beur.
Kom lag saam by die Aasvoëlklub!
(Nie vir sensitiewe ore nie!)
Watkykjy staan op 3,091,363 post views in totaal sedert 1 November, 2019.