Henry Rollins
Ons wenner vir die Henry Rollins kompetisie is Tokkie. Hy score 'n free double ticket om Henry Rollins te gaan check by die Staatsteater volgende Donderdag in Snor City. En dit alles net omdat die matriekseuns hom gepoes het op skool. Baie geluk, Tokkie. Ons tune jou binnekort hoe al die secret handshakes en shit gaan werk in die ondergrondse parkering in Toria. Jy is toe nooit verniet gepoes nie.
Hier is Tokkie se Dear John briefie:
"Ek dink ek moet daai kaartjies kry. ek like black flag al vandat ek 'n jong hoërskoollaatie is. in st.7 op civvies dag het 'n 'n black flag t-shirt gedra waarop 'n paar matriekseuns my gepoes het. hulle het gedink dit het iets met swart mag te doen. jare later was ek nogsteeds 'n fan, en het dadelik kaartjies gekoop toe rollins die eerste keer hiernatoe kom. dit was by die bassline in joburg, maar halfpad oppad soontoe kak my fokken kar, staan ek op die highway soos 'n doos met my girlfriend en mis die show. toe ek hoor hy kom nou weer, was ek amped om kaartjies te score, maar ek het persoonlike probleme gehad toe drink ek al my geld vir die maand uit. eks basies fucked. as ek nie hierdie kaartjies wen nie, gaan ek nooit rollins sien nie, en het daai matriekseuns my verniet gepoes."
As jy Henry Rollins se Frequent Flyer Tourwil speck, kry jou kaartjies hieso:
Pretoria (Donderdag 6 Mei, 20:00 – Staatsteater)
Joburg (Vrydag 7 Mei, 20:00 – Baseline)
Kaapstad (Baxter Theatre, Saterdag 8 Mei, 20:00 – Baxter Theatre)
Jack Parow
Jack Parow se CD is gister gelaunch en is landwyd beskikbaar. Even by plekke soos Game. Die slegte nuus (vir julle) is dat die CD al klaar poesvinnig besig om uit te verkoop, so bel maar eers jou local CD joint voor jy in jou skedonk klim en petrol mors en ons blameer en jou deur toeslaan en skree "niemand verstaan my nie" en Fallout Boy luister.
Ons sal hier teen Maandag of Dinsdag vir julle meer info gee van presies waar dit beskikbaar sal wees. Die man met die vet pet moet net vinnig nog outjies laat print.
Vir die Jack Parow fans in Belville – stiek vandag uit by Look & Listen in Willowbridge. Bra Jack sal daar wees en jou CD vir jou sign. So van 15:00 se kant af.
Die Antwoord en die Wedding DJ's gooi vanaand 'n next level show in Stellenbosch. Die ouens agter die scenes het gister al begin om fokken dik bass bins af te drop, so die sound gaan reg deur jou hol bars (maar jy like dit mos). Kaartjies is 75 skille en jy kan dit net deur Klein Libertas koop. Gee hulle miskien 'n bel. Daar is net 1350 beskikbaar en ek twyfel of daar nog baie oor is. You snooze, you loose.
Watkykjy staan op 3,091,355 post views in totaal sedert 1 November, 2019.