Aan die ouens by The Daily star in die UK
Julle gaan so fokken tekere oor die aardbewings, mense slagting, race wars en bloedbelope machete paaie in Suid Afrika. Ek weet nie wie die ongelukkige outjie is wat voor in julle loltrain gesit het nie, maar iemand moes ongelukkig agter daardie persoon sit om al daai kak deur 'n dun gekraakte strooitjie uit sy hol te suig en op koerant papier te krap.
Ek wil julle net inlig dat julle in 2012 die Olympics gaan gou. Ek herinder julle ook dat julle modder eiland so rukkie terug in die nuus was oor bomme wat gebars het op julle Wombles treine netwerk onder en bo die grond. Die terries het julle shit kom opblaas omdat julle prime minister elke register periode gaan red rocket speel het agter die pawwies met George Poes van La'Merika. SA is nie te veel ge-worry oor atlete nie, want ASA is in tatters, so ons sal seker niemand oorstuur nie, of te laat wakker skrik.
Ja, ek stem saam en almal weet dat een of ander pommie ge-lem gaan word vir sy selfoon met 'n Orange simkaart of dat jou Avis kar in 'n pothole gaan verdwyn sodat jy aan die ander kant van die aarde by China uit kom, maar fokken lusiter mooi vir ons: Dis nogal fresh van julle om SA uit te maak as 'n vlammhel van aardbewings, pestilensies en hurricanes as die kanse dat julle aangeval gaan word deur terroriste in 2012 omtrent 2010 keer groter is.
Julle moet egter nie worry oor die terries julle gaan aanval nie. Daar is 'n veel groter scary ding wat gaan gebeur met julle – mense wat gaan skiem dat julle aangeval gaan word gaan fokof vir hulle eie veiligheid. Ek praat hier van professional mense, my larnies. Julle grootste threat is tandardse en meer spesifiek tandartse van Suid-Afrika. Hulle is die beste in die wêreld en meeste van julle dentist is SA expats. As hulle fokof gaan julle tande vrot. Wanneer jou tande vrot kan julle nie daai kak harde vleis van julle kou nie.
Wat gebeur volgende? Jy hou op vleis vreet en jy kry 'n yster tekort in jou bloed. As gevolg van yster tekort fok jou bleek en rooi velletjie uit en jy begin lyk soos 'n kameelpoes wat 6 jaar in die Sahara woestynwind gestaan het. Dan volg die Black Plague en julle is terug na square one toe – die financial "free" world druk julle 'n toffie en julle word afgesny. Die hele fokken UK lyk soos 'n scene uit Oliver Twist. Vrot velle, tande, gesigte, voete, ballas en piele.
Teen die tyd dat julle soortvan herstel, het die sea leavels so gestyg dat meeste van julle verdrink het. Die bietjie van julle wat oorbly is bang vir die stygende water en julle moet na die Scotish highlands toe vlug. Daar aangekom is dit nie so maklik nie, want julle moet teen Mel Gibson fight vir grond en daai ou like nogal heavy van sy freedom. Vir 400 jaar word julle enslave en deur die Skotte na Afrika uitgevoer om in ons tuine te kom werk.
Waar het julle enigsins julle feite gekry of het julle Vicky Pollard se huiswerk gesteel na 'n broeknaai en geprint omdat een of ander journalist te ge-fokken paaint was om sy bliksemse werk te doen?
Dis nie net julle wat kan kakpraat nie. Ons Suid-Afrikaners is die konings van kakpraat. As jy nie verstaan wat hier geskryf staan nie, vra 'n Suid-Afrikaner om vir jou te vertaal, want daar is poesbaie van ons daar.
O ja, nog een ding: Ons is gatvol vir julle fokken kak "Don't kill me, I am not the boer" t-shirts waarmee julle uitslaan by OR Tambo. Hou aan daarmee en ons los vir julle so paar manne wat vir julle uitkyk by International arrivals met "Come get your poesklap here" t-shirts om julle bietjie wakker te klap.
Julle moet fokken lekker wees. Ons vat nie kak nie.
Hierdie brief is namens al die mense van Suid-Afrika wat saamstem met al die kak wat in hierdie brief staan.
griffin
Watkykjy staan op 3,091,363 post views in totaal sedert 1 November, 2019.